

BILTONGKONFYT
250 ml fyn biltong
250 ml lemoensap
250 ml kweperjellie
2 ml fyn koljander
2 ml fyn vinkelsaad
30 ml bruinsuiker
Meng al die bestanddele in ‘n swaarboomkastrol.
Laat oor ‘n matige hitte prut tot mengsel begin dik word.
Moenie te lank laat prut nie, want wanneer afgekoel, moet dit soos dik stroop lyk.
Skep in fles en laat afkoel.
Heerlik saam met tuisgebakte brood en braaivleis.
Resep is genoeg om 500 ml konfyt te maak.
Resep geplaas deur: Bennie Geustyn (sy ma se resep)






