PASTA MET KAASKRULLE
Ek het hierdie resep 2 weke gelede vir die 1ste keer gemaak; ek kan nie onthou waar ek hom opgespoor het nie, glo my, toe ons weer sien, toe is daar niks oor daarvan nie!
1 pak pasta van jou keuse
1 liter melk
1 groot pak kaaskrulle
Sout en peper
òf 1 blikkie tuna, òf spek, òf maalvleis, òf dit waarvoor jy ook al lus is om by te voeg.
Kook pasta tot amper gaar en dreineer. Giet melk oor pasta en bring tot kookpunt. Voeg kaaskrulle by en roer deur tot al die krulle gesmelt het. Voeg sout en peper by. Voeg die res van die bestanddele by ( dis vooraf gaargemaak en opsioneel). Voeg kaas by indien verkies. Laat staan vir 5 minute en bedien.
Resep: Bennie Geustyn
Foto:Venita Nolte en Frances Smith
Frances Smith , yes I used that one.
I sauted onion and then bacon-bits. When done I mixed in a tin of mixed veggies and about 3 tablespoons garlic and coarse black blackpeper to taste and simmer for about 5-10 min.
The pasta I did as the recipe said and when done, I mixed all together with parsley sprinkled over.
It is really a tasty recipe










Santie Carelse
Ons het Saterdag hierdie resep vir die eerste keer gemaak. Dis heerlik, vinnig en goedkoop! Sal dit nou meer gereeld doen! Dit is deur en deur die moeite werd!
Siska-Mari Joubert
Dis verskriklik baie lekker….yummy
Cherne Wolmarans…Cheese Curl pasta!!!! Eerste probeer slag en dis amazing!!!!Dankie aan food lovers, die group en website is amazing