PAPAJAKONFYT
Halveer papaja, haal pitte uit en sny in blokkies op. Weeg die hoeveelheid papaja af en weeg ‘n gelyke hoeveelhede wit suiker af.
Plaas die papaja en suiker in lae in ‘n swaarboonkastrol en laat dit oornag staan om stroop te vorm. Voeg die volgende oggend 175 ml suurlemoensap en die fyngerasperde skil van 1 suurlemoen vir elke 1 kg suiker wat gebruik is, by. Continue reading
Category Archives: Konfyt / Jam
FYN VYEKONFYT GESKIK VIR DIABETES
FYN VYEKONFYT GESKIK VIR DIABETES
Was en skil genoeg ryp vye om 1.5kg uit te weeg.
Gebruik 600 g Xylitol versoeter
350 ml water
30 ml suurlemoensap
Een stuk gekneusde gemmerwortel in ‘n katoen doek toegebind.
10 g gelatine
Plaas die vye en versoeter in ‘n kastrol en voeg die water by.
Snipper die vye met ‘n sker in die kastrol.
Verhit stadig totdat die Xylitol versoeter opgelos is.
Voeg nou die gemmer en die suurlemoensap by en kook verder vir omtrent een uur.
Roer gereeld.
Verwyder die sakkie gemmer, skakel die stoofplaat af en strooi die gelatine stadig in en roer totdat die gelatine opgelos is.
Bottel die konfyt warm in gesteriliseerde bottels.
BRON – Lou Viljoen Continue reading
UIE MARMELADE MET ROOIWYN ASYN
ANNE SE APPELKOOSKONFYT
Ek het so gemaak:
– Spuit jou swaarboom kastrol (wat eerder wyd is, as ‘n drukkoker-kastrol wat hoog is) met Spray en Cook. Die hitte versprei net meer egalig.
– 2 kg appelkose – gesnipper, indien verkies; 2 kg suiker; 2 eetl botter; 3/4 kop water. Meng alles baie goed.
– Die water het ek bygevoeg omdat ek nie die suiker en die appelkose vooraf vir ‘n paar uur laat staan het om sy eie stroop te maak nie.
– Gooi vrugte in die kastrol en verhit redelik stadig tot dit kookpunt bereik – dit neem ongeveer 7 min. Roer. Continue reading
STYWE APPELKOOSKONFYT
STYWE APPELKOOSKONFYT
1 kg appelkoose
1 kg wit suiker
Ontpit en snipper appelkose! Smeer ‘n swaar boompot botter bodem en kante! Pak laag appelkose en laagsuiker tot alles mooi lagies le, laat staan oornag. Vanaf 8 uur aand tot 8 uur oggend.
Sit dit nou op lae hitte laat suiker stadig smelt, as gesmelt roer deurmekaar.
Laat nou vinnig kook so op 4 vir 30 minute, voeg vooraf so paar pitte en sap van 1 klein suurlemoen by.
Steriliseer bottels vooraf, droog met skoon droë vadoek af!
ek maak my bottels lekker warm in mikrogolf. Sodra jou konfyt gereed is bottel warm!
Foto en resep: Elize Venter
TAAIPITPERSKEKONFYT
Kies taaipitperskes wat net ryp is. Skil hulle dun af en prik goed met ‘n stopnaald. Laat 4 ure lank in soutwater le (15 ml sout op 3,4 L water). Spoel vrugte goed af en weeg. Smeer die boom van die konfytkastrol met botter of olie en pak die vrugte en die suiker in afwisselende lae daarin. (Gebruik 2,5 kg suiker vir 3 kg vrugte en voeg die sap van een suurlemoen by vir dieselfde gewig vrugte).
Voeg 250 ml tot 500 ml water by vir 3 kg vrugte. Verhit stadig totdat die suiker opgelos is en kook dan vining tot die vrugte deurskynend en helder is. Na die eerste uur kan dit stadiger gekook word. Skep dit in warm, gesteriliseerde bottels en verseel. As jy wil kan jy ‘n paar stukke gemmer bysit terwyl dit kook vir ekstra smaak.
ROOSBLAAR KONFYT
ROOSBLAAR KONFYT
My roosblaarkonfyt resep :
16 rose
3 pd suiker, (1.5kg suiker)
2 pinte wate (1 liter )
sap van 4 suurlemoene of halwe tel wynsteen suur. Continue reading
HEEL GROENVYE KONFYT
Sny groen vye waarvan die binnekant nog nie hol of verkleur is nie. Sny met ‘n skerp mes ‘n kruisie deur die blomogie van elke vy. Vryf die skil met growwe skuurpapier af of rasper met ‘n fyn neutrasper af. Weeg die hoeveelheid vye af. Week dit oornag in ‘n oplossing van 25 ml sout per 2,5 liter water; plaas ‘n omgekeerde bord oor die vye en sorg dat die soutwater die vye heeltemal bedek.
Spoel die vye die volgende oggend goed af in ‘n vergiettes onder lopende koue water. Continue reading
PETRO SE MOERBEI KONFYT



PETRO SE MOERBEI KONFYT
Ek kombineer gewoonlik ‘n variasie van gevriesde bessies en moerbeie om van konfyt te kook, maar hierdie is die basiese resep waarvan ek werk.
Begin deur ‘n klompie lepels in die vrieskas te sit – jy gaan dit gebruik om te toets of die konfyt genoeg gestol het en as jy dit nie nou insit nie, gaan jy vergeet. Die pot waarin jy die konfyt kook moet ook groot genoeg wees dat die inhoud nie dieper as 5 cm moet wees nie, anders kan dit te lank vat om te stol en dan kan jy die pektien opvoeter. Continue reading
APPEL PEKTIEN

APPEL PEKTIEN
Was 300 g pas ryp suur appels. Sny dit met die skil, pitte en al in skyfies en bedek dit met 300 ml water. Kook dit in ‘n toe kastrol net totdat die appels sag is. Syg die sap deur. Damp die filtraat vinnig in ‘n oop kastrol af tot 150 ml pektien.











