


PETRO SE MOERBEI KONFYT
Ek kombineer gewoonlik ‘n variasie van gevriesde bessies en moerbeie om van konfyt te kook, maar hierdie is die basiese resep waarvan ek werk.
Begin deur ‘n klompie lepels in die vrieskas te sit – jy gaan dit gebruik om te toets of die konfyt genoeg gestol het en as jy dit nie nou insit nie, gaan jy vergeet. Die pot waarin jy die konfyt kook moet ook groot genoeg wees dat die inhoud nie dieper as 5 cm moet wees nie, anders kan dit te lank vat om te stol en dan kan jy die pektien opvoeter.
Spoel moerbeie wat byna ryp is (ek kombineer ryp en amper ryp) in ‘n vergiettes onder lopende koue water af en dreineer dit goed. Knip die stingeltjies af. Weeg die moerbeie af en weeg net soveel wit suiker as wat die moerbeie weeg. Pak die moerbeie in lae in ‘n vlekvryestaal of emalje kastrol en strooi die suiker oor elke laag. Sit die deksel op en laat dit oornag stroop vorm. Verhit die mengsel die volgende oggend baie stadig en roer dit aan die begin tot al die suiker opgelos is. As dit kook voor die tyd, kan dit sandsuiker. Voeg 25 ml suurlemoensap vir elke 1 kg moerbeie by. Kook dit 50 tot 60 minute taamlik vinnig todat dit dik genoeg is as ‘n bietjie van die konfyt op ‘n lepel uit die vrieskas getoets word.
Dit moet soort van in sulke dik heel druppels af drup, nie te waterig nie, ook nie tameletjie nie. Jy kan dit ook toets deur ‘n bietjie van die konfyt op ‘n lepel te sit en te los vir ‘n minuut of wat. As jy dit dan so met ‘n vinger stoot, moet dit effens van ‘n gerimpelde vel vorm. Die probleem hiermee is dat teen die tyd wat dit afgekoel het, mag die res in die pot te ver gekook wees.
Gooi in warm bottels, vee die bekke skoon met ‘n nat skoon lappie en verseel.
Foto: Jurina Groenewald
2de FOTO- Petro Borchard







Jurina Groenewald
Is eintlik baie maklik, gooi net moerbeie in pot en suiker, hangaf hoe soet jy dit wil hê.
Dan druk met Aartapple masher saam suiker en moerbeie tot alles fyn is, kook dit stadig tot borrel dan gooi in glas potjie…. Maar sorg dat die glas pot baie warm is voor in gooi
ek het net 300ml suiker en 5 skeppe met 60ml maatlepel moerbeie in geskep… Dit het 400g glaspotjie vol gemaak