BILTONG QUICHE VIR VOORGEREG
Biltong quiche gemaak as voorgereg vir ‘n ete. Dit was heerlik gewees
Kors:
100g botter
1 koppie koekmeel
1 koppie kaas
Meng saam en druk in tertbak vas as kors, onder en kante.
Vulsel:
1 koppie gekerfde biltong
1 koppie gerasperde kaas
1 koppie room
3 eiers
Meng alles saam en skep in tertbak oor die kors, bak teen 180ºC vir 40 minute.
Resep en foto: Leanne Thurston Coetzer








