PAPAJASTUKKONFYT
Sny halfryp papajas wat pas geel is maar nog styf is, in skywe op.
Skil en ontpit die skywe en sny dit in groterige blokkies op.
WEEG die hoeveelheid blokkies af.
Prik die blokkies en laat dit oornag lê in ‘n oplossing van 25 ml gebluste kalk (Lime) per 5 liter water.
Roer goed en laat die kalk afsak.
Gebruik net die skoon kalkwater en gooi die afsaksel weg.
Sit die blokkies papaja in die skoon kalkwater en laat staan vir 12 uur -of oornag.
Volgende dag:
Spoel die blokkies onder lopende koue kraanwater af.
Kook dit ‘n paar minute in vars water en dreineer dit goed.
STROOP:
Kook die stroop van 500 g wit suiker en 625 ml water vir elke 500 g papajablokkies.
Bring die stroop tot kookpunt en roer die suiker dat dit oplos. Plaas die blokkies bietjie vir bietjie in die kokende stroop en kook die stukke oor matige hitte tot die stroop dik -en die stukke helder is. Pak die vrugte in warm bottels en vul tot oorlopens toe met kokende stroop. Verseël die flesse dadelik.







