Algemene foute by konfyt en die oorsake daarvan.
Konfyt te donker gekook:
Te lank en te stadig gekook. Te vining gekook gedurende finale stadium. Kookproses vertraag omdat kooksel te groot is.
Stukke verkrimp:
Groen of verlepte vrugte. Stroop te dik aan begin van kookproses. Te vining gekook sodat stroop dik is voordat sap in vrugtestukke deur stroop vervang is.
Pap of stukkend:
Oorryp vrugte. Stroop te dun aan begin van kooktydperk, gevolglik moet die konfyt te lank gekook word voordat die stroop dik genog is.
Hard en taai:
Stroop te dik aan begin. Te vinng gekook sodat stroop te vining dik geword het en nie behoorlik kon indring nie. Te lank gekook nadat konfytstaduim bereik is.
Versuiker (sandsuiker):
Suikerkonsentrasie te hoog. Soet vrugte sonder byvoeging van suur gekook. Te veel geroer, veral toe konfytstaduim reeds bereik is. Flesse nie onmiddellik en toegeskroef nie.
Skimmel:
Flesse nie dig verseël nie, veral in vogtige klimaat groei skimmel geredelik. Nie lank genoeg gekook nie, dus nie deur gekonfyt nie.
Gis:
Flesse nie warm verseëlnie, dus nielugdig nie. Te min gekook. Gissing tree in sodra dit oopgemak word.
Aangehaal uit: Boek Voedselpreservering eerste uitgawe Department van nasionale ovoeding.Bl 54.