MIKROGOLF DRUIWEKONFYT

korrelkonfyttested

MIKROGOLF DRUIWEKONFYT

1 kg Druiwekorrels
75 ml Water
50 ml Suurlemoensap

Bedek die bak en mikrogolf dit 10-12 min op 100% krag
Voeg nou 750 g suiker by en roer tot die suiker opgelos is
Mikrogolf nou 20-25 min “onbedek” op 100% krag tot die regte dikte
Laat die kofyt 5 min afkoel bottel en verseël!!!!”

Resep: Cindy Mossop
Foto: Louise Du Toit Coetzee




CYNTHIA SE TAMATIEKONFYT

2015-03-20-cynthiasetamatiekonfyttested
BESTANDDELE:
500 gr ryp tamaties (ongeveer 6 tamaties)
500 gr strooisuiker
1 duim grootte stukkie vars gemmer (opsioneel)
1 teel suurlemoensap
METODE:
Sny ‘n kruis in die tamatieskil aan die bokant
Gooi kookwater oor hulle net tot hul toe is onder die water en laat staan vir 10 minute
Nou sal hul maklik skil
Sny in kelin stukkie
Skil die gemmer en sny dit in 2 stukke
Sit die suiker, tamaties en gemmer in ‘n sop pot en laat dit staan vir 2 ure
Sit ‘n klein potjie op ys wanner jy begin met jou konfyt
Gooi die suurlemoensap by en sit jou stoof op lae hitte roet die mengsel sodat al die suiker oplos
Draai die hitte op hoog tot die konfyt begin kook, hou aanmekaar roer ( dit sal skuim maak en borrel)
Hou aan roer en kook vir ongeveer 10-12 minute of tot die water meestal weggekook het en tot die mengsel ‘n mooi blink rooi is
Skep ‘n teelepel konfyt in die koue houertjie en kantel dit effe na ‘n paar sekondes. As die konfyt soos stroop loop kook nog, as dit dik soos konfyt is is jou konfyt gereed
Haal die gemmer uit
Goo die konfyt in 3 klein botteltjies of 2 medium bottels wat gesteriliseer is en seel die bottels
Jy kan die bottels nog steriliseer deur die bottels in kookwater te sit vir 10 minute (jou keuse)
As jy dit doen haal dan uit die water, maak droog en laat afkoel vir 24 uur voor gebruik.

Ek het net die resep dubbel aan gemaak

Resep en foto: Cynthia Bester Jones
Posted: Amanda Conradie




GESNIPPERDE PERSKEKONFYT

perskekonfyt
GESNIPPERDE PERSKEKONFYT
2.5 kg geelperskes
750 ml water
7 x 250 ml suiker
5 ml wynsteensuur

Ontpit en skil, en snipper dan die perskes.
Weeg dan 2.5 kg af in ‘n kastrol en voeg water by.
Kook 10 min tot sag.
Voeg suiker en wynsteensuur by en roer tot suiker opgelos is.
Stel plaat op en kook konfyt matig hitte tot stolpunt bereik.
Skep in warm flesse en seël.

Bron: Onbekend




RYP VYEKONFYT

tested
RYP VYEKONFYT

Skil vy dun af en laat le ‘n ruk in die son om die nerf hard te maak (ek doen dit nie)
Prik goed en laat staan oornag in kalkoplossing van 1tl kalk op 4 l water
Spoel volgende oggend af en plaas in kokende stroop
Ek los die hele boonste gedeelte van die resep – ek sny net die vy met skil en al in stukkies en gooi in pot en my resep is 100% reg xx
Stroop:
2 kop water vir elke 1 kg suiker en 1kg suiker vir elke 1 kg vrugte
Voeg die sap van een suurlemoen by vir elke 1 kg vrugte (ek gooi sommer so 2 eetl gewone suurlemoensap by
Voeg ¼ tl kremetart by
Voeg ‘n gekneusde gemmer wortel by
Kook vir ongeveer 2 ure op hoog (vinnig)
Onthou om die skuim af te skep, – doen die yskas toets om te sien of jou stroop reg is.
Bottel warm.
Bron: Amanda Grant




MAROELA JELLIE

maroela jellietested

MAROELA JELLIE
Gebruik veral groenerige, ferm maroelas, gewoonlik val dit regte tyd van boom af en jy kan net optel, was maroelas goed af, sny net stingel kant af, verwyder growwe vlekke indien nodig, sny kruis en dwars met skerp mes in rondte.

Weeg vrugte, 1 kg vrugte /1 liter water, kook goed vir so uur met deksel. Gooi nou vloeistof en vrugte deur ‘n dubbel laag melk/kaasdoek, MOENIE vrugte druk deur lap nie, dan word vloeistof vlokkerig en bly so.
Gooi so 20 ml brandspiritus in ‘n glas, skep een eetl sap versigtig in glas, as so ‘n stewige klont vorm is pektien gehalte mooi, as kleiner losserige klonte maak, gooi suurlemoen sap by en toets weer.

Meet 1 koppie sap vir 1 koppie suiker, kook vinnig van suiker opgelos het tot mooi rooi en jellierig. Bottel kokend en laat staan ten minste 24 uur voor bottels versteur.
Om te toets wanneer reg, hele kastrol sal skielik so vol bubbles kook, maak sulke taai geluidjies en as jy n lepelvol skep en van lepel afloop, so 5~6 trae druppels waarvan laastes so traag is en reeds n jellie druppel maak,of skep bietjie in koue piering, sal dadelik stol.  Hoop ek maak sin!

Foto en resep:  Elizabeth Van Der Westhuizen




Kersietamatie-konfyt

 

cherry tamatiekonfyttested

Bestandele:
1kg Cherry Tamaties
600g Xylitol
1 eetlepel suurlemoensap
4 naeltjies

Metode:
Weeg die tamaties en spoel goed af.
Halveer elke tamatietjie en plaas in ‘n swaarboom kastrol.
Voeg by die Xylitol, suurlemoensap en naeltjies.
Roer deur en kook vir so 1 1/2 uur op lae/medium hitte.
Bottel warm.

Bron en foto: Annique Paarl




MOSKONFYT

moskonfyt
DIT IS parstyd en niemand weet dit beter as Annalene Niemand van die Kleinplasie Museum op Worcester nie.

Ongeveer 5 tot 10 liter mos na gelang van die grootte van die pot beskikbaar in ‘n pot totdat dit halfvol is.
Meng sowat ‘n halwe teelepel gebluste kalk met ‘n bietjie mos totdat dit goed opgelos is en gooi by die mos in die pot.
Kook die mos vinnig. Terwyl dit kook, moet dit voortdurend geroer word en kan die skuim afgeskep word. Pasop vir oorkook, dit gebeur maklik. Dit moet baie lank kook totdat ‘n mens vind dat dit minder begin opkook. Die kleur moet ook sterk donker raak. Om te toets skep ‘n mens ‘n bietjie uit op ‘n piering en laat dit koud word. As dit die vloeibaarheid van heuning het as dit koud is, is dit reg. Moskonfyt kan ook tydens die kookproses gegeur word deur een van die volgende bestanddele in ‘n moeseliensakkie saam met die mos te gooi:
‘n stuk heel gemmer, anys, vyeblare of suurlemoenblare. Skep die konfyt in glas- of emaljehouers uit en gee die onsuiwerhede so twee tot drie dae om af te sak. Gooi nou oor in bottels met skroefdoppe om in te bêre




MOSKONFYT

MOS KONFYT
MOSKONFYT
Ryp soet druiwe
10 ml gebluste kalk per 5 liter druiwesap
Trek die stingels van die druiwekorrels af, plaas die korrels in ‘n groot bak en druk hulle fyn.
Bedek die bak en laat eenkant staan tot die druiwe gis, wat ‘n paar dae kan duur.
Wag tot die doppe bo dryf, gooi die vloeistof deur ‘n sif en voeg die gebluste kalk by.
Laat 30 minute staan.
Skep die skuim van die sap af en syg die sap deur.
Verhit die sap tot kookpunt in ‘n groot swaarboom kastrol en syg dit weer deur.
Gooi die sap terug in kastrol en kook weer vinnig.
Skep die skuim af indien nodig.
Toets vir stolpunt.
Die moskonfyt behoort die tekstuur van dik stroop te hê.
Gooi die konfyt in warm droe gesteriliseerde flesse and verseël dit onmiddelik.




KWEPERKONFYT (BOTTEL KOUD)

2014-11-06-kwepers
KWEPERKONFYT (BOTTEL KOUD)
Resep verskaf deur Monique Els
FOOD LOVERS RECIPES
1,2 kg geskilde, gerasperde kwepers
2,5 kg suiker
500 ml kookwater

Skil en rasper kwepers voordat dit geweeg word. Meng suiker en water in ‘n pot, plaas op die stoof en roer tot suiker gesmelt is.
Voeg gerasperde kwepers by en roer goed.
Kook vinnig vir 30 min en roer dikwels, maar saggies sodat dit nie aanbrand nie.
Koel af en bottel.

 




AUSTRALIAN BUSH CHERRY – EUGENIAKONFYT

Australian Bush Cherry Konfyttested
AUSTRALIAN BUSH CHERRY – EUGENIAKONFYT
In die pot die lekkerste konfyt Australian Bush Cherry dis baie werk want uit ‘n 1 kg kry jy maar so 700 ml konfyt en dit vat lank om al die pitte uit te haal.
700 g Bush cherries, ontpit
700 g suiker
60 ml suurlemoensap

Kook alles saam vir so 15 min. Sit af jou stoof.
Skep so 1 teelepel vol in ‘n bakkie, sit in yskas en kyk of dit stol.
Jy moet maar so elke 10 min toets want dit het baie pektien in, dit word soos ‘n jellie as dit koud is, myne so 25 min gevat tot dit klaar was.
Geniet dit – dis heerlik op roomys ‘n wafel of topping vir ‘n kaaskoek en moenie vergeet van ‘n stukkie toast.
BRON – Anita Groenewald Olderwagen

Jacqui Conradie – Anita Groenewald Olderwagen ek het die agterkant van hekelpen gebruik om die pit van die stingelkant af uit te druk. dv. Môre is dit ek en konfyt kook.