MAROELA JELLIE
Gebruik veral groenerige, ferm maroelas, gewoonlik val dit regte tyd van boom af en jy kan net optel, was maroelas goed af, sny net stingel kant af, verwyder growwe vlekke indien nodig, sny kruis en dwars met skerp mes in rondte.
Weeg vrugte, 1 kg vrugte /1 liter water, kook goed vir so uur met deksel. Gooi nou vloeistof en vrugte deur ‘n dubbel laag melk/kaasdoek, MOENIE vrugte druk deur lap nie, dan word vloeistof vlokkerig en bly so.
Gooi so 20 ml brandspiritus in ‘n glas, skep een eetl sap versigtig in glas, as so ‘n stewige klont vorm is pektien gehalte mooi, as kleiner losserige klonte maak, gooi suurlemoen sap by en toets weer.
Meet 1 koppie sap vir 1 koppie suiker, kook vinnig van suiker opgelos het tot mooi rooi en jellierig. Bottel kokend en laat staan ten minste 24 uur voor bottels versteur.
Om te toets wanneer reg, hele kastrol sal skielik so vol bubbles kook, maak sulke taai geluidjies en as jy n lepelvol skep en van lepel afloop, so 5~6 trae druppels waarvan laastes so traag is en reeds n jellie druppel maak,of skep bietjie in koue piering, sal dadelik stol. Hoop ek maak sin!
Foto en resep: Elizabeth Van Der Westhuizen








