GAMMON MET PYNAPPEL
Jy kan jou gammon in groot pot kook, met lourier blare 3-4 en met pepper korrels , as dit groot gammon is sal dit langer neem om gaar te word neem so 3 -4 ure om mooi sag te kook , vat pynaapel ringe sit in bak, sit glans kersies ook in ‘n bakkie en tande stokkies
As jou vleis klaar gekook het haal uit pot en laat bietjie afkoel dan verwyder jy die vel, maar moenie jou wit vet afsny nie, net vel dan vat jy pynappel ringe sit vas met tandestokkies in elke tande stokkie druk jy ‘n glans kersie ook in.
Vat ‘n groot pan of bak sit groot stuk foil in dan sit jy gammon daarin en gooi al jou pynappel sous van blik oor gammon, maak toe met foil laat staan sodat sous in trek hoe langer dit staan hoe beter Dan as jy dit sny haal al jou stokkies mooi uit sny vleis mooi dun snye graneer dit met die pynappel ringe en kersies in mooi opskep bak of groot bord
Baie lekker so
Resep: Dolly Kruger Sally








