

PEARL SE WENNER KOEKSISTERS
4 koppies koekmeel
4 eetlepels botter
2 eetlepels (30 ml) bakpoeier
1 eier
1½ koppie melk of water, ek gebruik melk
sout
Maak die stroop en sit eenkant.
Vryf botter by meel, bakpoeier en sout, meng geklitse eier by melk of water, voeg by koekmeel en knie baie goed. Ek laat die deeg oornag staan en volgende more rol ek uit, dan is die deeg volblasies. As dit nie so is nie, dan het jy nie genoeg geknie nie. Ek het ‘n hand wat nie kan knie nie, so ek gebruik my menger. Continue reading











