PEARL SE WENNER KOEKSISTERS

Pearl se koeksisterstested

PEARL SE WENNER KOEKSISTERS
4 koppies koekmeel
4 eetlepels botter
2 eetlepels (30 ml) bakpoeier
1 eier
1½ koppie melk of water, ek gebruik melk
sout
Maak die stroop en sit eenkant.
Vryf botter by meel, bakpoeier en sout, meng geklitse eier by melk of water, voeg by koekmeel en knie baie goed. Ek laat die deeg oornag staan en volgende more rol ek uit, dan is die deeg volblasies. As dit nie so is nie, dan het jy nie genoeg geknie nie. Ek het ‘n hand wat nie kan knie nie, so ek gebruik my menger.
My stroop is nie koud nie. Deeg rol ek so 1 cm dik uit, laat my koeksister in baie stroop staan onder gedruk, ek het twee bakke of emmers, as die tweede vol begin raak, dan haal ek die eerste uit. Lag nou net, ek het minstens 7 litre ekstra stroop en drie liter op 8 koppies meel. Ek hou van baie stroop, die goed moet eers nog lê daar in. As jy die van my eet dan swem die goed in stroop en loop nog uit in die bord.
Nadat dit uit gelek het en ingevries was! Ek voel maar my deeg. Dit rol dan maklik uit en is nie styf nie.
Vleg met beleid en ek maak nie groot koeksisters nie, ek het maar geleer uit ervaring, so ek weet nou hoe my deeg moet wees. Val en opstaan was dit..! As ek koue stroop gebruik, het ek slap koeksisters…. !

STROOP
4 koppies suiker
1.5 water
½ teelepel kremetart
½ teelepel gemmer
2 stukke heel kaneel
1 tot 2 teelepels gliserien, laaste gebruik ek as ek dit het
Los die suiker op oor lae hitte en kook NET 5 min. op hoe hitte, nie langer nie, anders versandsuiker jou stroop en is dit ook in jou koeksister. Ek voeg baie keer ‘n bietjie meer water by op ‘n groot hoeveelheid stroop.  Ek laat dit op kamer temperatuur staan, as dit ‘n baie warm dag is, sit ek ook van dit in die koelkas en meng dit met my ander stroop. Soos ek al gesê het ek maak baie stroop en wat oor is bêre ek vir die volgende keer, kom niks oor nie. Ek bak baie koeksisters so dit is maklik as ek ‘n voorraad het…..!

Resep en foto:  Pearl Van Der Walt




CHOUX DEEGBALLETJIES IN LEMOEN STROOP

chouxtested
CHOUX DEEGBALLETJIES IN LEMOEN STROOP

375 ml water
180 g Stork bake
Knippie sout
375 ml koekmeel
6 groot eiers
Kook water met stork tot gesmelt, voeg die knippie sout by en dan al die koekmeel gelyk. Roer dit lekker deur terwyl dit op die stoof is, dit sal van die kante af wegtrek sodra dit reg is.
Skep uit die pot en laat afkoel. Voeg dan een vir een eiers by en klits goed, dis ‘n sagte romerige degie.
Laat jou olie solank warm word.
Sodra die olie reg is skep halwe teelepels van die beslag in die olie.
Kook intussen die stroop.
Plaas 3 koppies water, 3 koppies suiker, kaneel stokkie en lemoen skil in ‘n pot en kook tot dit ‘n stroop is.
Sodra die balletjies uit die olie kom plaas dit in die warm stroop en skep dadelik uit in ‘n ander bak in.

Bron en foto: Sharmane Engelbrecht




ERINA SE KOEKSISTERS

koeksusters1234_ntested

ERINA SE KOEKSISTERS
Stroop
1,4 kg suiker (7 × 250 ml)
1 liter water (4 × 250 ml)
3 ml kremetart
1 ml sout
Skil en sap van 1 suurlemoen
3 gemmerstukke (opsioneel)
Plaas suiker en water in kastrol en roer oor matige hitte tot suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en laat kook vir 10 minute, moenie tydens kook proses roer nie.
Verwyder van stoof en voeg orige bestanddele vir stroop by.
Laat afkoel en plaas in yskas om goed koud te word. (Kan ook oornag in vrieskas gesit word)
Deeg:
560 g koekmeel
15 ml bakpoeier
1 ml sout
25 ml botter / bak-margarien
2 eiers
300 ml melk
Olie vir diepbraai
Sif droë bestanddele goed saam, vryf botter in.
Voeg eiers en genoeg melk by om sagte uitrolbaredeeg te vorm.
Knie goed (10 minute per hand / 5 minute in menger)
Maak toe met kleef plastiek en laat minstens 1 uur in yskas rus (kan ook oornag in yskas gelaat word)
Rol deeg dun tot ongeveer 1,25mm.
Sny en vleg.
Braai in warm olie tot goudbruin en gaar.
Dompel dadelik in yskoue stroop sodat hele koeksister met stroop deur week is.
Geniet
Resep: Erina Delport




OUMA JOEY SE KOEKSISTERS SONDER EIERS

ouma joey se koeksisterstested
OUMA JOEY SE KOEKSISTERS SONDER EIERS:
(Lewer +- 6 dosyn groot of 12 dosyn “cocktail” grootte)
Hierdie is my skoonsus Ina Pretorius se Moeder se resep. Dit vries ook baie goed!!!
Stroop:
4 koppies water
8 koppies suiker
1 teelepel kremetart
2 eetlepels goue stroop
1 teelepel vanilla geursel
Kook water, suiker en kremetart vir 5 minute.
Verwyder van hitte en voeg stroop en geursel by.
Laat afkoel en plaas oornag in yskas.
Deeg:
4 koppies koekmeel
2 eetlepels margarien
4 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
1½ koppie koue kraanwater
Vryf margarien in meel in.
Voeg sout en bakpoeier by en meng goed.
Maak aan met water tot hanteerbare deeg.
Bedek met kleefplastiek en laat rus vir 1 uur.
Rol uit op meelbestrooide oppervlak.
Sny in koeksisters en vleg.
Bak in warm olie tot goudbruin en doop in yskoue stroop.
Dreineer op draadrak.

Foto:  Bets Lourens
Resep:  OUMA Joey van Jaarsveld




SANDRA SE HEERLIKE KOEKSISTERS

koeksusters2_ntested

SANDRA SE HEERLIKE KOEKSISTERS
Heerlikste “crispy”sappige Koeksisters
Stroop:
Kook die onderstaande vir ongeveer 10minute saam
6 koppies suiker
3 koppies water
2 eetlepels stroop

Haal stroop van die stoof af en voeg onderstaande by
Knippie kremetart
Laat yskoud word voor jy bak.
Meng die volgende saam:
4 koppies koekmeel
6 eetlepels bakpoeiers
1 teelepel sout
2 eetlepels margarien
Meng apart 2 eiers met 1½ koppie melk.
Vryf nou margarien met vingers tot fyn in mengsel van koekmeel bakpoeier en sout en begin dan eier en melkmengsel bymeng en knie die deeg vir 10min lank. Maak toe met klam lappie en laat staan vir 3 ure en begin bak!
Resep en foto: Sandra Uys




TARYN’S KOEKSISTERS

TARYN’S KOEKSISTERStested

TARYN’S KOEKSISTERS
SYRUP:
1.2 kg sugar
750 ml water
3 ml cream of tartar
5 ml cold water
3 ml ground ginger
1 cinnamon stick or (1ml ground)
Rind of 1 lemon
20 ml lemon juice

DOUGH:
560 g cake/plain flour
20 ml baking powder
5 ml salt
36 g butter or margarine
15 ml sugar
2 eggs
About 200 ml water
Oil for deep frying

For syrup: dissolve sugar in water in a large saucepan. Wait until its dissolved (stir it cold) and then bring to the boil. Mix cream of tartar with the 5 ml water and then add to the boiling syrup with the ginger, cinnamon and lemon.
Boil for 10 mins then switch off and leave to cool. Refrigerate till VERY cold (overnight). I usually separate into 2 or 3 tuns so that I can keep 1 out and the rest stays cold.

For the dough: sift dry ingredients then rub in the cubed butter until it resembles fine breadcrumbs (I use a food processor! It’s so quick) add the sugar. Beat the eggs with the water then add to the dry ingredients. Mix to form a soft dough. You may need to add a bit more water but not too much. Knead for a few mins until smooth. Cover with plastic wrap and rest for at least 1 hr.

When you’re ready to cook, roll out the dough to 5mm thick. Cut strips 1cm wide and 15cm long. Fold each strip at the centre and twist to the end. Join the end by pressing. ( you can also plait them if you cut the. 1cm × 8cm and plait 3 together). Deep fry until brown on each side. Make sure the oil is not too hot…or it won’t cook inside. Once slightly browned, take out and put immediately into cold syrup. Push them down to coat and keep them in to absorb while you fry the next batch. Keep in fridge or freeze. Enjoy!
Recipe and picture: Taryn Kearey




ELZETNA SE KOEKSISTERS

Elzetna se koeksisterstested

ELZETNA SE KOEKSISTERS
Stroop:
6 koppies suiker (ek gebruik bruinsuiker)
3 koppies water
1 eetlepel goud stroop
2 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel gemmer poeier
Kaneelstokje
Kook alles saam, sit oornag in koelkas, stroop moet baie koud wees
Deeg:
4 koppies koekmeel
2 eiers
1 eetlepel suiker
125 g botter
Knippie sout
4 teelepels bakpoeier
1 koppie melk
Room botter en suiker saam.
Kits eiers los en voeg by.
Meng droë bestanddele en melk om die beurt by botter/eiermengsel.
Rol deeg uit en vleg koeksisters (moet nie te veel meel gebruik by uitrol nie maak jou olie baie gou vuil)
Verwarm kookolie en bak koeksisters tot goudbruin, plaas onmiddelik in koue stroop en dompel koeksister onder vir minuut of so. (ek bak so 4 op ‘n keer en gebruik n aardappelstamper om die koeksisters onder die stroop te hou en mee uit te skep).
Sit op draadrakkie sodat die ergste stroop kan afdrup
Resep en foto: Elzetna De Bruin




GERRIT SE KOEKSISTERS

 

Andre se koeksisters1743677_1265680010114214_1048113829275933131_ntested

GERRIT SE KOEKSISTERS
Maak 48 koeksisters
4 koppies koekmeel
½ teelepel sout
6 teelepels bakpoeier
2 eetlepels botter
1 eier
Melk of water (1 tot 1½ koppies)
Olie om in te bak
STROOP
4 koppies suiker
1½ koppies water
1 teelepel gliserien

Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter in.
Klits die eier, voeg die melk of die water daarby en maak dit aan tot ’n sagte deeg. Knie tot glad. Laat dit goed rus – hoe langer hoe beter, sowat 2 ure.
Rol die deeg 1 cm dik uit, sny dit in repies en vleg of draai hulle.
Bak 1 tot 2 minute in warm diepvet tot ligbruin en gaar. Moet liefs nie meer as 5 koeksisters op ’n slag braai nie. Haal uit met gaatjieslepel, dreineer blitsig op kombuispapier en dompel in die KOUE stroop.
Lig uit die stroop, laat die oortollige stroop afdrup en plaas dan op afkoelrak of in ’n plat bak.
STROOP:
Los die suiker in die water op en laat die stroop 5 minute kook. Voeg die gliserien by en haal stroop van die hitte af. Koel die stroop baie goed af voordat dit gebruik word
RESEP  – Gerrit van Koekedoor
FOTO – Andre Adriaan Esterhuizen




PETRE SE KOEKSISTERS

Petri se koeksisterstested
PETRE SE KOEKSISTERS
Ek het die deeg met meel uitgerol….
6 dosyn
Stroop:
14 koppies suiker
7 koppies water
3 stukke gekneusde gemmer
½ koppie suurlemoensap
1 teelepel kremetart
Sout na smaak
½ teelepel wynsteensuur


Smelt die suiker en water saam en voeg die gemmer by. Kook vir 10 minute. Sodra begin kook voeg die suurlemoensap by. Sodra die stroop reg is voeg die kremetart, sout en wynsteensuur by. Laat afkoel. (stroop hoef nie yskoud te wees nie).

Deeg:
6 koppies koekmeel opgehoop
4½ teelepel (rond) bakpoeier
¾ teelepel sout
2 eiers
8 eetlepels margarien
2 koppies lou water
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf margarien in meel. Klits eiers en water goed. Knie goed. Kan metKenwood geknie word. Deeg kan eerder te slap as te styf wees. Giet bietjie olie op die tafelblad en rol deeg daarin. Plaas in plastiese sak en laat staan vir tenminste 15 minute.

Vleg:
Giet weer n bietjie olie op die tafelblad en rol helfte van deeg daarop uit. Sny stroke of druk met koeksisterdrukker. Die deeg moet omtrent 7 mm dik wees. Vleg en plaas op n oliebesmeerde skinkbord. Bedek met bat teedoek. Bak koeksisters tot mooi bruin in diep, warm kookolie. Doop hulle dadelik in stroop. Plaas koeksisters op n draadrak oor n skinkbord sodat oortollige stroop kan afdrup.
Wenk:
Onthou om nooit meel te gebruik om deeg uit te rol nie, want meelblom veroorsaak dat olie skuim as die koeksisters gebak word
Foto: Petre van Jaarsveldt




MICKAYLA SE KOEKSISTERS

 

koeksisters mickaylatested

MICKAYLA SE KOEKSISTERS
KOEKSISTERS
3 koppies koekmeel
2 ml sout
2 eetlepels margarine
2 eiers geklits
6 teelepels gelykvol bakpoeier
1 koppie melk

Vryf die margarine in die meel, dan die sout en bakpoeier. Knie dit goed met die geklitste eier en melk. As deeg nog baie klewerig is voeg nog n handvol meel of meer by en knie totdat dit lekker elasties en rolbaar is. Maak deeg dig toe en sit in die vrieskas terwyl die stroop kook.
KOEKSISTERSTROOP
10 koppies suiker
4 ½ kop water
¼ koppie suurlemoensap
1 teelepel kremetart
Opsioneel 1 teelepel gemmer.
Kookolie vir diepbraai in middelslag pot.

Kook stroop vir 10 min dat dit lekker borrel. Haal af en laat so 2 tot 3 uur staan om koud te word in vrieskas. Dit moet yskoud wees as die koeksisters daarin gedoop word en koud gehou word. Ek plaas die bak stroop gewoonlik in n groter bak met ys in.
Na 2 tot 3 ure haal jy jou deeg uit vrieskas en rol uit en sny. Vleg en plaas dan in warm olie. (Olie moet borrel as jy die deeg insit) Braai dit altwee kante bruin en sit dit dadelik in stroop en dompel die koeksister onder die stroop in om in te trek. Net so paar sekondes, haal dit dan uit en plaas in vergietes om af te drup om plek te maak vir die volgende koeksisters wat gedoop moet word. Plaas in houers in yskas tot dit bedien moet word. Geniet!

Resep en foto:  Mickayla Swart