

MICKAYLA SE KOEKSISTERS
KOEKSISTERS
3 koppies koekmeel
2 ml sout
2 eetlepels margarine
2 eiers geklits
6 teelepels gelykvol bakpoeier
1 koppie melk
Vryf die margarine in die meel, dan die sout en bakpoeier. Knie dit goed met die geklitste eier en melk. As deeg nog baie klewerig is voeg nog n handvol meel of meer by en knie totdat dit lekker elasties en rolbaar is. Maak deeg dig toe en sit in die vrieskas terwyl die stroop kook.
KOEKSISTERSTROOP
10 koppies suiker
4 ½ kop water
¼ koppie suurlemoensap
1 teelepel kremetart
Opsioneel 1 teelepel gemmer.
Kookolie vir diepbraai in middelslag pot.
Kook stroop vir 10 min dat dit lekker borrel. Haal af en laat so 2 tot 3 uur staan om koud te word in vrieskas. Dit moet yskoud wees as die koeksisters daarin gedoop word en koud gehou word. Ek plaas die bak stroop gewoonlik in n groter bak met ys in.
Na 2 tot 3 ure haal jy jou deeg uit vrieskas en rol uit en sny. Vleg en plaas dan in warm olie. (Olie moet borrel as jy die deeg insit) Braai dit altwee kante bruin en sit dit dadelik in stroop en dompel die koeksister onder die stroop in om in te trek. Net so paar sekondes, haal dit dan uit en plaas in vergietes om af te drup om plek te maak vir die volgende koeksisters wat gedoop moet word. Plaas in houers in yskas tot dit bedien moet word. Geniet!
Resep en foto: Mickayla Swart






