

ELZETNA SE KOEKSISTERS
Stroop:
6 koppies suiker (ek gebruik bruinsuiker)
3 koppies water
1 eetlepel goud stroop
2 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel gemmer poeier
Kaneelstokje
Kook alles saam, sit oornag in koelkas, stroop moet baie koud wees
Deeg:
4 koppies koekmeel
2 eiers
1 eetlepel suiker
125 g botter
Knippie sout
4 teelepels bakpoeier
1 koppie melk
Room botter en suiker saam.
Kits eiers los en voeg by.
Meng droë bestanddele en melk om die beurt by botter/eiermengsel.
Rol deeg uit en vleg koeksisters (moet nie te veel meel gebruik by uitrol nie maak jou olie baie gou vuil)
Verwarm kookolie en bak koeksisters tot goudbruin, plaas onmiddelik in koue stroop en dompel koeksister onder vir minuut of so. (ek bak so 4 op ‘n keer en gebruik n aardappelstamper om die koeksisters onder die stroop te hou en mee uit te skep).
Sit op draadrakkie sodat die ergste stroop kan afdrup
Resep en foto: Elzetna De Bruin







Michelle Botha
My mensies hou baie daar van. Def wen resep die een.
Veronica Visser
BAIE tevrede♡ dankie Elzetna De Bruin ek dink ekt finally di resep gekry wat ek gaan ‘stick’ mee!☺