

PEARL SE WENNER KOEKSISTERS
4 koppies koekmeel
4 eetlepels botter
2 eetlepels (30 ml) bakpoeier
1 eier
1½ koppie melk of water, ek gebruik melk
sout
Maak die stroop en sit eenkant.
Vryf botter by meel, bakpoeier en sout, meng geklitse eier by melk of water, voeg by koekmeel en knie baie goed. Ek laat die deeg oornag staan en volgende more rol ek uit, dan is die deeg volblasies. As dit nie so is nie, dan het jy nie genoeg geknie nie. Ek het ‘n hand wat nie kan knie nie, so ek gebruik my menger.
My stroop is nie koud nie. Deeg rol ek so 1 cm dik uit, laat my koeksister in baie stroop staan onder gedruk, ek het twee bakke of emmers, as die tweede vol begin raak, dan haal ek die eerste uit. Lag nou net, ek het minstens 7 litre ekstra stroop en drie liter op 8 koppies meel. Ek hou van baie stroop, die goed moet eers nog lê daar in. As jy die van my eet dan swem die goed in stroop en loop nog uit in die bord.
Nadat dit uit gelek het en ingevries was! Ek voel maar my deeg. Dit rol dan maklik uit en is nie styf nie.
Vleg met beleid en ek maak nie groot koeksisters nie, ek het maar geleer uit ervaring, so ek weet nou hoe my deeg moet wees. Val en opstaan was dit..! As ek koue stroop gebruik, het ek slap koeksisters…. !
STROOP
4 koppies suiker
1.5 water
½ teelepel kremetart
½ teelepel gemmer
2 stukke heel kaneel
1 tot 2 teelepels gliserien, laaste gebruik ek as ek dit het
Los die suiker op oor lae hitte en kook NET 5 min. op hoe hitte, nie langer nie, anders versandsuiker jou stroop en is dit ook in jou koeksister. Ek voeg baie keer ‘n bietjie meer water by op ‘n groot hoeveelheid stroop. Ek laat dit op kamer temperatuur staan, as dit ‘n baie warm dag is, sit ek ook van dit in die koelkas en meng dit met my ander stroop. Soos ek al gesê het ek maak baie stroop en wat oor is bêre ek vir die volgende keer, kom niks oor nie. Ek bak baie koeksisters so dit is maklik as ek ‘n voorraad het…..!
Resep en foto: Pearl Van Der Walt






