

BUNNY CHOW MET WINKELDEEG
Brood
Gewone winkel deeg. Maak mooi bolletjie en sit in ‘n groot konfytblik wat mooi skoongemaak is. Smeer met botter en plaas in blik. Bak by 180 ºC vir ongeveer 1 uur.
Braai uie en sampioene saam met jou kerrie en so eetlepel suiker en so eetlepel asyn. Braai vleis tot bruin en voeg by een blokkie aftreksel en so litre water. Kook tot sag, voeg aartappels en wortels by wat klein gesny is en kook tot groente sag is.
Los so 3 eetlepels bruin uiesoppoeier in bietjie water op en voeg by. Kook tot jy ‘n lekker sousie het dan sny jy broodjie se deksel af en hol uit. Sit vleismengsel in en sit hoedjie terug.
Foto en resep deur Marlene Minderon











