

MADRAS HOENDER
Goeiedag ek is besig om Madras Hoender te maak. Nouja die resep het n storie ek is maar jonk getroud en wil darem nou die man in my lewe beindruk. So bel ek my ma en vra n resep vir hoender sy se die naam is Madras Hoender. Ek hoor Matras Hoender na n groot gegiggel het die gereg Matras Hoender gebly
Hoender stukke
Uie
Braai die hoender en uie in olie.
Voeg die volgende by:
1 eetlepel kerriepoeier
1 teelepel borrie
½ teelepel gemmer
2 eetlepels maizena
sout en peper na smaak
Ek giet na smaak het nooit spesifieke hoeveelhede gekry.
Meng die volgende:
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 eetlepel heuning
1 eetlepel tamatiesous
1 eetlepel worchestersous
2 hoender stock blokkies met 500 ml kookwater
1 eetlepel suurlemoensap
Sit jou hoender in ‘n oondvaste bak.
Giet die sous oor en bedek en bak vir 1 uur by 180ºC.
Jy kan droë appelringe of aartappels by jou hoender voeg indien verkies.
Foto en resep: Velia Goosen






