
HEEL GEBAKTE PAMPOEN IN SWARTPOT
Genoeg vir: 8 porsies
1 heel boerpampoen
30 ml botter
1 groot ui, skoongemaak en fyn gesny
6 repies spek, fyn gesny
750 ml vars brood krummels
250 gram vars groente ná eie keuse (opgesny in blokkies)
2 knoffeltoontjies, skoongemaak en baie fyn gesny
30 ml vars salieblare
500 ml gerasperde Cheddar kaas
250 ml room
vars gemaalde sout en swartpeper
Voorverhit die swartpot oor matige kole.
Gebruik ‘n skerp mes en sny die bokant van die pampoen af (dit vorm later die deksel).
Skraap die pitte aan die binnekant van die pampoen uit.
Smelt die botter in ‘n groot braaipan eenkant oor matige kole.
Soteer die ui tot sag in die botter.
Skep die uit en braai die spekvleis tot bros.
Skep die ui terug in die pan en voeg die groente by en soteer effens.
Voeg die broodkrummels en knoffel by en roer totdat die broodkrummels goed deurgemeng is.
Voeg die salie by en geur met sout en swartpeper en roer die kaas by.
Skep die vulsel in die pampoenholte.
Plaas ‘n vel aluminiumfoelie wat met olie gesmeer is onder in die pot.
Giet die room stadig oor die vulsel in die pampoen, todat die room geabsorbeer is.
Plaas die pampoendeksel op die pampoen en draai die hele pampoen in aluminiumfoelie toe. (Kante èn bo).
Plaas die pampoen in die pot en bak dit sowat 2 uur of tot sag. (Plaas kole bo-op swartboompot se deksel ook).
Toets met ‘n toetspen totdat pampoen sag en gaar is.
Maak die pampoen oop en sit voor as ‘n bygereg saam met braaivleis.
Resep aangepas en geplaas deur Amanda Conradie






