


KOOS SE AARTAPPELKOEKIES MET SPEK
Meng saam:
6 groot aartappels, fyn gedruk
500 g bacon bits, gaar gemaak
200 g green onion
Voeg dan by:
1,5 koppie koekmeel
3 geklitste eiers
250 g gerasperde kaas
Meng alles goed.
Maak olie so 50% warm.
Skep met ‘n lepel van jou keuse in die olie en deep fry tot mooi bruin aan altwee kante.
Wag tot die mash koekie self onder in die warm olie los gaan, moenie forseer nie.
Draai dan om.
Foto en resep: Koos van der Merwe






