

ELAINE SE KOPPIE KOEK
Ek is nie mal oor “mug cakes” nie, maar Dinsdagaand was ek so lus vir koek en het nie bestanddele vir my sjokolade koek resep nie. Google is my groot vriend en ek kry toe hierdie heerlike resep en moet dit net met jul deel:
3 eetlepels witsuiker
2 eetlepels kakao (resep het 3 gesê maar dis te veel)
3 eetlepels koekmeel
⅛ teelepel bakpoeier
knippie sout
3 eetlepels melk
3 eetlepels kookolie
druppel vanilla
½ teelepel koffiepoeier (my eie byvoegsel)
Meng droë bestanddele saam in ‘n groot mikrogolf bestande beker. Meng melk, olie en vanilla, voeg by die droë bestanddele en meng goed. Mikrogolf op 100% krag vir 1 ½ minute. Laat staan vir ½ minuut in mikrogolf. Eet net so of bedien met room of roomys. Dis heerlik en klam.
Resep getoets: Elaine Steyn






