ELAINE SE KOPPIE KOEK
Ek is nie mal oor mug cakes nie, maar Dinsdagaand was ek so lus vir koek het nie bestanddele vir my sjokolade koek resep nie. Google is my groot vriend en ek kry toe hierdie heerlike resep en moet dit net met jul deel:
3 eetlepels witsuiker
2 eetlepels Kakao (resep het 3 gesê maar dis te veel)
3 eetlepels koekmeelblom
⅛ teelepel bakpoeier
knippie sout
3 eetlepels melk
3 eetlepels kookolie
druppel vanielje
½ teelepel koffiepoeier (my eie byvoegsel)
Meng droë bestanddele saam in ‘n groot mikrogolf bestande beker. Meng melk olie en vanielje, voeg by droë bestanddele en meng goed. Mikrogolf op 100% krag vir 1 en half minute. Laat staan vir half minuut in mikrogolf. Eet net so of bedien met room/roomys. Dis heerlik en klam.
Resep geplaas deur Elaine Steyn Steyn