DEEG VIR PASTEITJIES
5 koppies koekmeel
395 ml kookwater
500 g botter
2 teelepels sout
10 ml bakpoeier
Sny blok botter in blokkies en giet die kookwater bo-oor.
Voeg dan die meel, sout en bakpoeier by en meng met ‘n lepel. Dis baie pap so skep in jiffy sakkies en druk bietjie plat. Los heelnag in yskas tot jy gaan gebruik.
Vat ‘n stuk deeg op ‘n slag en rol uit op wax papier met bietjie meel op papier. Hou res van deeg in yskas tot dit uitgerol moet word. Druk sirkels uit, smeer eiergeel.
Sit vulsel in. Hier het ek ‘n klein frikkadel gevat, gaar.
Sit ander sirkel bo-oor en smeer eiergeel bo-oor.
Druk om sirkel met vurk vas.
Bak by 180°C tot mooi bruin. So 17 minute.
(maak ± 3 dosyn pasteitjies)
Foto : Ronell Muller Boshoff
Resep: Elaine Ackerman
geskuif