RINIE SE KERRIE BOKVLEIS
1.5 kg boklamsvleis
3 aartappels geskil en in kwarte gesny
2 groterige uie geskil en geKerf
2 lourieblare
8 kruie naeltjies
6 peperkorrels
1/4 teelepel neutpoeier
1 teelepel koljander
1 koppie asyn
1 teelepel kerrie
1 teelepel borrie
1 eetlepel suiker
2 eetlepelss appelkooskonfyt
1 desertlepel fyn knoffel
Sout en peper na smaak
Braai die vleis en die uie saam in n kastrol
verlaag die hitte en voeg 2 koppies water by en kook die vleis tot sag
voeg dan die aartappels by en kook nog n uur tot sag
Meng die ander bestandele en voeg by as die watervlak bietjie min is voeg water by
voeg sout en peper by en kook deur
Dien op saam met rys
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw