

KERRIE EN RYS
600 g maalvleis
1 ui, opgekap
1 blik gemengde kerriegroente
1 koppie wilde bruin rys, gaar gemaak en gebruik vir opdien
1 piesang
Speserye:
1 teelepel komyn
1 teelepel BBQ spice
sout en peper
Braai uie tot glaserig en voeg maalvleis by.
Braai totdat maalvleis bruin is en voeg dan blik kerriegroente by asook speserye van jou keuse.
Kerf die piesang in skywe en bedien saam met die rys.
Resep geplaas deur Frances Smith
Foto: Frances Smith











