

JOHANNA SE BUNNY CHOW
Bak vir jou lekker broodjies met die resep onder aan.
700 g blokkies vleis
1 ui
1 eetlepel kerriepoeier
25 ml asyn
25 ml blatjang
2 teelepels sout
1 teelepel speserye
4 aartapels
1 teelepel Maizena
1 teelepel Bisto
Braai uie met olyfolie tot glanserig, voeg kerriepoeier by en braai bietjie.
Voeg asyn, blatjang, sout en speserye by en braai bietjie.
Sit blokkies vleis by en braai bietjie, voeg water by, kook so 20 min.
Sny aartappels in blokkies en voeg by, kook vir ongeweer so 40 min. As jy wil kan jy gemengde groente ook bysit.
Maak maizena en bisto aan met water en voeg by vleismengsel, kook so 5 min tot deurgekook en ‘n lekker sous gemaak het.
Sny jou broodjie se kop af, hol hom bietjie uit en skep jou kerrievleis daarin. Bedien en geniet.
https://www.foodloversrecipes.com/2018/01/johanna-se-brood-deeg/
Foto en Resep: Johanna Viljoen Zwiegelaar






