

ELSABIE SE BEESVLEIS KERRIE
Die snitte met benevleis maak lekkerder Kerrie en stowevleis omdat die bene meer geur aan die vleis gee. Ek verkies brisket.
Die belangrikste deel van ‘n geurige Kerrie is om die speserye en kruie te braai voordat die vleis en vloeistof bygevoeg word.
Verbruin die vleis in jou stoompot en stoom tot gaar maar nie heeltemal sag nie.
1 x Gekapte uie
Kerrie poeier (die hoeveelheid gaan afhang van hoe warm jy dit wil maak) 2-3 eetlepels is genoeg vir ‘n begin en gaan ook afhang van hoeveelheid vleis.
Braai ui en voeg die volgende by:
Kruie en speserye wat met kerries gebruik word soos bv. Fyn komyn, fyn koljander, kaneel, kardamom sade, anys sade, mosterd saadjies, ster anys, karwei sade, rissie vlokkies en borrie poeier kan na smaak gemeng en saam met die Kerrie poeier en uie gebraai word vir so 5-10 min in olie saam met gerasperde vars gemmer en knoffel.
Sit die vleis by wat alreeds in stoompot bruin gebraai en gaar gestoom is.
Sit aartappels en/of enige groente by.
Stoom tot gaar. As daar nie genoeg sous in die pot is gooi halwe tot volle blikkie klappermelk by.
Bedien met basmati rys.
Vanaand het ek oondgeroosterde groente van gisteraand oorgehad en dit bygesit toe die Kerrie gaar is. Veral die eiervrug is ‘n wenner in Kerrie.
Foto en Resep: Elsabie Templeton






