RUVAN SE LEWERKERRIE
Gestraand het ek iets gedis wat ek nog nooit gedoen het nie… ek wou maalvleis kerrie maak, maar het agtergekom daars niks meer… hmmm toe dink ek baie vinnig en besluit op LEWER IN DIE PLEK van maalvleis… eks iemand wat my eie disse invent en my familie smul tog te lekker aan my kos!!!!
1 ui
vars knoffel
10 ml rajah kerrie poeier( mild&spicy)
barbeque speserye in plek van sout
15 ml rajah Kerrie poeier (medium)
15 ml olie
1 kg gemengde groente
500 g aartappels (klein blokkies gesny)
1 kg hoenderlewertjies in blokkies gesny
10 ml borrie
water
bisto (opsioneel) vir consistency
Kook aartappels en groente eenkant tot net sag. In ‘n ander pot braai jy jou ui, knoffel met rajah kerrie (medium rajah kerrie mild&spicy) en borrie in olie. Voeg lewer by en braai vir so 5 minute. Voeg gemengde groente en aartappels, water, en barbeque speserye by. Roer en prut vir so 3 minute. Maak bisto met water aan en voeg by (opsioneel), dan prut jy vir nog so minuut en bedien met rys.
Foto en resep deur Ruvan Oree