

GIDEON SE WESKUS SNOEK
Vanaand wassit ‘n weskus snoek oppie kole.
1 heel snoek
300 g botter
4 eetlepels heuning
2 eetlepels sojasous
Smelt die botter en bestanddele om ‘n loperige pasta te vorm.
Braai die snoek met die velkant eerste op skerp kole tot dit blase vorm.
Smeer die bottermengsel met ‘n kwas aan terwyl die velkant braai.
Draai dan om en braai die vleiskant vir 5 of wat minute tot gaar.
Ons het dit geniet saam met gebakte patats geniet!
PATATS
Vier of vyf klein patats
2 eetlepels botter
1 eetlepel heuning
‘n knypie chillie vlokkies
gemaalde peper
Pak patats op foelie op ‘n bakplaat.
Bak die patats vooraf met ‘n bietjie olyfolie vir ‘n uur op 190°C en druk gaatjies in met ‘n vurk.
Giet dan die sousmengsel oor die patats.
Foto en resep geplaas deur Gideon Louw







Geskuif