TAMATIESOUS VIR PASTA
Vrydagaand pasta, maar die tamatiesous is die ster van die eenvoudige gereg.
Kan saam met mieliepap ook geniet word.
1 gekapte ui
1-2 vars gerasperde knoffeltoontjies
8 tot 10 songedroogde tamatie helftes, in water gerehidreer oornag
6 klein oorryp Rosa tamaties
1 blik heel Italiaanse kersie tamaties, met skille aan
1 blik gekapte Italiaanse tamaties
115 g houertjie tamatie paste
1 eetlepel gedroogde Italiaanse kruie
sout en peper na smaak
3 teelepels bruin (treacle of demerara suiker)
Olyf olie vir braai
Braai die ui in medium hitte olyf olie in kastrol. Rede hoekom ek kastrol gebruik en nie pan is omdat ek die sous fyn gaan maak met handmenger (stick blender) in die kastrol.
Sodra die ui begin deurskynend word gooi die knoffel by en die speserye, sout en peper en suiker. Gooi al die tamaties, blikkies tamatie paste in die pot en prut vir ongeveer ‘n uur. Roer gereeld sodat dit nie vasbrand.
Maak die sous fyn met handmenger en gebruik saam met pasta of by pap met braaivleis.
Foto en resep deur Elsabie Templeton
One thought on “TAMATIESOUS VIR PASTA”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
geskuif