

HEERLIKE TUISGEMAAKTE KLEIN PIEKEL UIE
Foto en Resep: Marie-Louise Meyer
FOOD LOVERS RECIPES
2 kg uie
500 ml witasyn
150 ml balsamiese asyn
1 koppie kookwater
1 ½ koppie witsuiker of vrugte suiker (350ml)
sout en pepper Continue reading
Category Archives: Inmaak & Inlê/Canning
ADAMSVY ATJAR
ADAMSVY ATJAR
1 ui fyngekap
10 adamsvye
100 ml asyn
2 teelepels kerriepoeier
1 teelepel borrie
1 eetlepel suiker
1/4 teelepel rooipepper
1 teelepel fyn koljander
Skil vye en meng met die res van die bestanddele.
Kook tot uie sag is. So 10 minute.
Resep: Nella Koorstra
MAKLIKE CHILLI SOUS
200 g vars chillies
1 teelepel knoffel
1 teelepel gemmer
1 koppie bruin asyn
1 koppie wit suiker Continue reading
LEKKER SOUSBONE

LEKKER SOUSBONE
SOUSBONE
1 kg droë bone oornag geweek.
Kook stadig tot sag.
KOOK NOU TAMATIE PUREE WAT BY DIE BONE GEVOEG WORD:
2 kg tamaties
5 groot uie ontvel
Kerf uie en tamatie en kook sag. Continue reading
EVELINA’S BAKE BEANS
EVELINA’S BAKE BEANS
Ek plaas hierdie heerlike resep met die toestemming van Alletta Strydom.
Baie dankie Alletta.
( gee krediet vir skoonma. Al het ek hom bietjie geskaaf na my smaak)
1 kg haricot boontjies of suiker bone
Ek sit myne in slow cooker tot amper sag
4.5 kg ryp tamaties gemaal
4 uie gemaal
Kook uie en tamaties vir 40 min
VOEG DIE VOLGENDE BY:
250 ml asyn
250 ml suiker
250 ml appelkoos konfyt
30 ml sout
10 ml peper fyn
5 ml fyn naeltjies
5 ml fyn neut muskaat Continue reading
INGELEGDE KERRIEBOONTJIES/WORTELS


INGELEGDE KERRIEBOONTJIES/WORTELS
Gebruik wortels ipv boontjies vir die resep:
2 kg gesnipperde groen boontjies
1 kg uie (2 lb)
1,25 liter asyn (5 koppies)
10 ml borrie (2 teelepels)
15 ml sout (1 eetlepel)
500 ml suiker (2 koppies)
45 ml kerriepoeier (3 eetlepels)
15-20 ml mielieblom (3-4 teelepels) Continue reading
GEURIGE KERRIEWORTELS
2 kg geelwortels
1 kg witsuiker
50 ml mielieblom
5 ml sout
1 kg uie
50 ml matige kerriepoeier
25 ml mosterdpoeier
750 ml wit asyn
10 heel naeltjies
500 ml pitlose rosyne
1 kg pynappelstukke, die in blikke
10 ml fyn knoffel Continue reading
3 KLEURE PEPPERS – INGELê
Sny jou soetrissies[ geel, groen, rooi] in mooi dun repies. Vul jou bottels lekker styf. Maak jou sous en gooi dit kokend bo-oor en verseel dit warm. [haal al die blassies uit as daar is met n sosatiestokkie] ek het net 1 van elke kleur gebruik op die sous hoeveelheid.
SOUS
500 ml suiker
500 ml asyn
500 ml water
10 ml sout
½ teelepel peperkorrels
Kook jou asynmengsel vir so 3min.en gooi oor jou soetrissies in jou bottels. N.S in party van my bottels het ek n paar Ingemaakte Peppedews bygevoeg om dit lekker styf te kry.
BOTTEL-EN-BERE-RESEPTE
INGELEGTE KWEPERS – VERSKILLENDE METODES


INGELEGTE KWEPERS – VERSKILLENDE METODES
Resep en foto: Suzette Bekker
FOOD LOVERS RECIPES
Sopas my kwepers ingelê. Lyk nou nie soos my ma sin nie, die pragtige halwes met die pitte na buite nie. Die goggas hier by ons het geen genade nie, moes red wat ek kon!
Skil die kwepers, sny in halwes of soos verkies en laat lê in sout water oplossing van 20 ml sout, 30 ml asyn op 4,5 liter water.
Ek gebruik middelmatige stroop (2 koppies water en 1 koppie suiker) sit op hitte en bring tot kookpunt. Kook die vrugte in die kokende stroop tot net sag.
Ek kook dit nie eers in water nie, dit word te gou pap. Eenvoudig en maklik. Die skil daarvan is die moeilike deel!!!! Continue reading







