Sny jou soetrissies[ geel, groen, rooi] in mooi dun repies. Vul jou bottels lekker styf. Maak jou sous en gooi dit kokend bo-oor en verseel dit warm. [haal al die blassies uit as daar is met n sosatiestokkie] ek het net 1 van elke kleur gebruik op die sous hoeveelheid.
SOUS
500 ml suiker
500 ml asyn
500 ml water
10 ml sout
½ teelepel peperkorrels
Kook jou asynmengsel vir so 3min.en gooi oor jou soetrissies in jou bottels. N.S in party van my bottels het ek n paar Ingemaakte Peppedews bygevoeg om dit lekker styf te kry.
BOTTEL-EN-BERE-RESEPTE








