INGELEGDE KERRIEBOONTJIES/WORTELS
Gebruik wortels ipv boontjies vir die resep:
2 kg gesnipperde groen boontjies
1 kg uie (2 lb)
1,25 liter asyn (5 koppies)
10 ml borrie (2 teelepels)
15 ml sout (1 eetlepel)
500 ml suiker (2 koppies)
45 ml kerriepoeier (3 eetlepels)
15-20 ml mielieblom (3-4 teelepels)
Kook die boontjies en uie sag, maar nie pap nie. Meng die asyn, borrie, sout, suiker en kerrie saam. Plaas dit in ‘n groot kastrol en bring tot kookpunt. Voeg die boontjies en uie hierby en kook deeglik deur. Maak die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Roer terwyl dit verdik. Skep in warm, gesteriliseerde flesse.
Foto deur Stephnie Du Plooy