OUTYDSE SPESERYE KOEKIES
4 lb koekmeel (2 kg)
3 lb geel suiker (1.5 kg)
1 eetlepel kaneel
1 eetlepel gemmer
1 eetlepel fyn naeltjies
1 klein pakkie koeksoda (14 g)
1 lb botter/margarine (500 g)
½ lb varkvet of 1 x koppie kookolie
½ pint soetwyn (300 ml)
4 tot 5 eiers
Meng die eerste 6 droë bestandele goed saam.
Smelt die botter.
Klits die eiers in ‘n aparte bakkie.
Meng botter, eiers, kookolie en wyn deeglik saam.
Meng alles saam en knie baie deeglik.
Los deeg vir minimum 2 ure voor jy koekies maak.
Druk deeg nou deur meul om vormpies te maak.
Sny vormpies in lengtes.
Plaas vormpies in ingesmeerde bakpan.
Bak koekies op 180 ºC vir ongeveer 15 minute tot gaar.
Laat afkoel en plaas opmekaar met versiersuiker vulsel.
Tannie Stander het hierdie resep gekry by Bonnievale boere ongeveer 55 jaar terug.
Geplaas deur Percy Hall








