

INGELEGTE KWEPERS – VERSKILLENDE METODES
Resep en foto: Suzette Bekker
FOOD LOVERS RECIPES
Sopas my kwepers ingelê. Lyk nou nie soos my ma sin nie, die pragtige halwes met die pitte na buite nie. Die goggas hier by ons het geen genade nie, moes red wat ek kon!
Skil die kwepers, sny in halwes of soos verkies en laat lê in sout water oplossing van 20 ml sout, 30 ml asyn op 4,5 liter water.
Ek gebruik middelmatige stroop (2 koppies water en 1 koppie suiker) sit op hitte en bring tot kookpunt. Kook die vrugte in die kokende stroop tot net sag.
Ek kook dit nie eers in water nie, dit word te gou pap. Eenvoudig en maklik. Die skil daarvan is die moeilike deel!!!!
Nog ‘n metode:
Lizaan Ras le Roux
Ek was altyd my kwepers en bak hulle dan in die oond tot gaar (tot my toetspen deur kan gaan) Sny hul in kwarte en kook hulle nog so 10 min in stroop (1 koppie suiker met 1 koppie water gekook tot stroperig). Bottel hulle warm met stroop en al.
Ekt dit by my skoonma geleer en bygese, sy het nie ‘n resep daarvoor gehad nie
Nota:
Die skille bly net so aan…ek was en skrop net al daai hare af en dan is dit oond toe met hulle.
KWEPERS IN BRANDWYN
6 kwepers, geskil die pitte verwyder en in kwarte gesny
30 ml bruinsuiker
50 ml botter
3 stukke kaneel
125 ml brandewyn en ekstra om bottels te vul
Kook alles stadig saam tot sag en pak in flesse. Maak vol met brandewyn en verseël.






