PAMPOENGEREG
500 g margarien
400 ml suiker
500 ml koekmeel
30 ml bakpoeier
4 ml sout
6 eiers
10 ml vanilla geursel
6 koppies grof gerasperde rou pampoen
Voorverhit die oond tot 190ºC.
Room die margarien en suiker saam in ‘n mengbak.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng dit by die margarien en suikermengsel.
Voeg die eiers, vanilla en gerasperde pampoen by die meel en margarienmengsel en meng goed deur.
Skep die beslag in ‘n gesmeerde oondbak en bak dit in die voorverhitte oond vir 40 – 45 minute.Stroop:
2 koppies room
1 ½ koppie suiker
Plaas die room en suiker in ‘n potjie op die stoof en bring stadig tot kookpunt. Kookdie sous vir 3 minute.
Giet die sous oor die pampoengereg wanner dit uit die oond verwyder word.
Indien meer sous verkies kan jy 1 koppie melk byvoeg en saam kook.
Nota:
Die resep kan gehalveer word. Hierdie was genoeg porsies vir 33 persone. Ons gaan dit volgende keer in muffin pannetjies bak!
Resep en foto geplaas deur: Ina Van Heerden Jones
2 thoughts on “PAMPOENGEREG”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.









“edited”
geskuif