
LEKKER SOUSBONE
SOUSBONE
1 kg droë bone oornag geweek.
Kook stadig tot sag.
KOOK NOU TAMATIE PUREE WAT BY DIE BONE GEVOEG WORD:
2 kg tamaties
5 groot uie ontvel
Kerf uie en tamatie en kook sag.
VOEG DIE VOLGENDE BY:
1 koppie witsuiker
1 koppie bruinsuiker
1 x 410 g tamatie puree
½ teelepel rooipeper
¾ koppie asyn
1 teelepel braaivleis speserye
20 ml kookolie
Sout na smaak
Kook saam met tamatie en ui.
Bottel nou warm
OM NOU DIE BONE KLAAR TE MAAK VOEG DIE VOLGENDE IN EEN POT:
Die gaar bone
2 x 750 bottels van die stew of anders as jy dit nie gebottel het nie is dit 1½ liter tamatie stew wat jy verpulp het
Voeg dan 2 blikkies gekoopte boontjies by kook vir n rukkie en bottel.






