


GIDEON EN RINIE SE INGELEGTE PERE
RESEP EN FOTO: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
My en vroulief se ingelegde pere poging
5 kg geskilde en ontpitte pere
Soos jy die pere afgeskil en ontkern het plaas dit in ‘n oplossing van :
5 liter water
20 ml sout
30 ml asyn
Om te voorkom dit bruin raak of verkleur
Plaas die pere dan in ‘n kokende stroop vir + — 15 min tot dit sag gekook is.
Vir die stroop kook die volgende saam:
600 g suiker
1.5 liter water
Bottel dan in gesteriliseerde flesse
Ek het ook in sommige van die potte stukkies brandrissie ingesit
Die een helfte saam met perskes gebottel en die ander lot netso met ‘n paar klein stukkies rissie in












