

ANNELISE SE DADEL BLATJANG
Wil graag met julle n heerlike dadel chutney resep deel. bron is familie resep van vriendin.
500 gm dadels (fyn gesny)
1 groot blik appelkooskonfyt
1 kg uie
8-12 rissies
750ml asyn
1 teelepel sout
1 en ‘n kwart koppie suiker
Kook alles saam vir 45 min en bottel warm. Heerlik.
Foto en resep: Annelise Engelbrecht






