

ADAM SE GEMENGDE VRUGTEBLATJANG
Let wel. ek het min vrugte gehad, so hierdie resep is net vir die twee medium groot botteltjies soos op die foto.
Bestanddele:
450g gekapte uie
1,4kg gemengde sagte vrugte van jou keuse. (Ek het perskes, pruime, pruimedante en appels gebruik)
115g pitlose rosyntjies of korente oornag in water geweek (Ek het dit direk saam gekook sonder dat dit geweek was)
2 toontjies fyngemaakte knoffel (of meer volgens smaak)
1 teelepel sout
1 teelepel gemengde kruie
1 teelepel mosterdpoeier
1 teelepel chili vlokkies (of meer, of heel gekapte chili(s) volgens smaak)
450g bruin suiker
570ml wit asyn
Metode:
Kook die uie in ‘n bietjie water tot sag en dreineer. Sny die vrugte in baie klein stukkies of verwerk dit in ‘n voedselverwerker. Meng al die bestanddele saam en bring tot kookpunt. Prut tot meeste vloeistof weg is en dit verdik. Ek het dit ongeveer 1 ¾ uur gekook. Bottel warm in gesterliseerde flesse.
Bron en foto: Adam Cloete






