

MARIAAN SE PERSKE ATJAR
Dis nog my oorlede moeder se resep.
2.5 kg perskes
2.5 kg uie
1.5 bottel witasyn
1 pond suiker
1 eetlepel sout
1 teelepel heel naeltjies
2 teelepels heel pemento
1 eetlepel fyn gemmer
2 teelepels heelkoljander
1 teelepel allspice
1 teelepel borrie
2 eetlepels kerrie
Skil perskes en sny in stukke.
Skil die uie en sny in ringe en halveer die ringe. Kook alles vir 15 minute, behalwe die perskes en uie. Voeg nou die perskes en uie by en kook vir ‘n verdere 10 minute. Haal van stoof af en bottel warm. Dis heerlikkkkk.
Resep: Mariaan Hartman se moeder se resep
Foto: Gideon Louw










