ELSJE SE PERSKE BLATJANG
5 kg perkes, gesnipper en blokkies gesny
500 gr sultanas
1.5 kg uie fyn gesny
1 kg gekleurde peppers(nie groen, vertoon nie mooi) blokkies gesny
2 tl vars fyn knoffel
2 tl vars fyn gemmer
700 ml wit asyn
1.5 kg suiker
15 ml sout
15 ml borrie
1 tl rooipeper Continue reading
Category Archives: Inlê vrugte / Bottled Fruit
MARIAAN SE PERSKE ATJAR
MARIAAN SE PERSKE ATJAR
Dis nog my oorlede moeder se resep.
2.5 kg perskes
2.5 kg uie
1.5 bottel witasyn
1 pond suiker
1 eetlepel sout
1 teelepel heel naeltjies
2 teelepels heel pemento
1 eetlepel fyn gemmer
2 teelepels heelkoljander
1 teelepel allspice
1 teelepel borrie
2 eetlepels kerrie
Skil perskes en sny in stukke.
Skil die uie en sny in ringe en halveer die ringe. Kook alles vir 15 minute, behalwe die perskes en uie. Voeg nou die perskes en uie by en kook vir ‘n verdere 10 minute. Haal van stoof af en bottel warm. Dis heerlikkkkk.
Resep: Mariaan Hartman se moeder se resep
Foto: Gideon Louw
NICOLIENDE SE INGELEGDE RISSIES
NICOLIENDE SE INGELEGDE RISSIES
Kook 3k asyn, 1k water, 1k suiker saam.
As stroop kook voeg russies by sodra dit begin kleur bottel.
By een bottel het ek piekel speserye in gegooi by die ander een n teelepel knoffel die res is net skoon ingegooi
RESEP EN FOTO: Nicoliende de Waal
NAELTJIEPERSKEBLATJANG
NAELTJIEPERSKEBLATJANG
2.5kg geskilde geelperkses
2 groot uie gesny
750g gebleikte sultanas
750ml wit asyn
1kg suiker
2t sout
2E kerrie
1t fyn gemmer
1t droë mosterdpoeier
2t swartpeper
1-2E fyn naeltjies Continue reading
LESLEY-ANN SE GEBOTTELDE KWEPERS
LESLEY-ANN SE GEBOTTELDE KWEPERS
Ingelegde kwepers
Stroop
1.5 liter water
1 kg suiker
1 sap van suurlemoen
Kook stroop tot kokende warm
Sit geskilde kwepers in stroop
Ons druk dan die pot onder in die aga vir 2 ure.
Bottel en geniet
Ek het my stroop 1 en ‘n half keer aangemaak op so 20 kwepers in kwarte gesny
BRON : LESLEY-ANN FABER
KARIN’S PINEAPPLE CURRY
KARIN’S PINEAPPLE CURRY
6 large pines(2kg) cut up and simmer in its own juice until soft.
Add 4c sugar,
2tbls curry spice (I add some tumeric too),
2tbls salt,
1t ginger,
350ml white vinegar Continue reading
CRANBERRY-JALAPENO SAUCE
CRANBERRY-JALAPENO SAUCE
12oz fresh cranberries
Zest and juice of 1 lemon
2 medium jalapeños (diced)
Sugar – to your liking
Water
In a saucepan add all ingredients.
I used about 1/3 cup water but you can thin it out by adding more. Simmer on med until sauce starts to thicken. Mash down with a hand held potato masher or anything you have available until you reach the consistency you like. This is where you add more sugar if needed. Jar and or enjoy!
Source and photo: Smoke Stack BBQ Shack.
HEEL PERSKE KONFYT MET PITTE IN
HEEL PERSKE KONFYT MET PITTE IN
Kies taaipitperskes wat net ryp is.
Skil hulle dun af en prik goed met n stopnaald.
Laat dit 2 tot 4 uur in sout oplossing week (15 ml sout vir elke 3,4 liter water).
Spoel die vrugte goed af en weeg dit. Continue reading
INGELEGTE APPELS VIR TERTE
INGELEGTE APPELS VIR TERTE
Skil en halveer die appels en sny klokhuise uit. Dompel dadelik in ‘n oplossing van 10 ml sout per 1 liter water. (Petré Van Jaarsveld: Die soutwater gooi jy weg. Dit word net gebruik om die appels in te laat lê sodat dit nie verkleur voordat dit gekook word nie.)
Gebruik 300 g witsuiker vir elke 1 liter water vir die stroop.
Verhit die water stadig tot kookpunt.
Dreineer appels en spoel in vars water af.
Plaas nou jou appels in stroop.
Kook vir 10 minute.
Skep appels in voorbereide flesse en vul met stroop. Seël dadelik.
Resep: Mariaan Hartman
Foto en gekook deur Suretha Nel
Ben Rautenbach
Ingelegde Appels:
Stroop:
Dun stroop word met 3 dele water en 1 deel suiker gekook.
Dit is geskik vir inmaak van baie soet vrugte. Skil en ontkern appels. Week die appels in soutwater, 10 ml sout per 1 liter water. Kook die appels 10 min lank in stroop. Skep die appel warm in gesteriliseerde flesse,vul met die stroop en verseël dadelik.
BRON: BOTTEL EN BERE DEUR OLGA WALL. Net ‘n wenk kook skille, kern en pitte, gooi deur moeselien of kaasdoek. Bêre in gesteriliseerde flesse vir pektien doeleindes veral Granny Smith appels.
INGELEGDE GEELPERSKES
INGELEGDE GEELPERSKES
1k suiker op 2 k water.
Ek het in elke pot so 4k suiker gegooi en en toe so 8k water en as ek sien my strop is besig om min te word het ek net weer 1k suiker en 2 k water by gegooi. Continue reading