

INGELEGTE APPELS VIR TERTE
Skil en halveer die appels en sny klokhuise uit. Dompel dadelik in ‘n oplossing van 10 ml sout per 1 liter water. (Petré Van Jaarsveld: Die soutwater gooi jy weg. Dit word net gebruik om die appels in te laat lê sodat dit nie verkleur voordat dit gekook word nie.)
Gebruik 300 g witsuiker vir elke 1 liter water vir die stroop.
Verhit die water stadig tot kookpunt.
Dreineer appels en spoel in vars water af.
Plaas nou jou appels in stroop.
Kook vir 10 minute.
Skep appels in voorbereide flesse en vul met stroop. Seël dadelik.
Resep: Mariaan Hartman
Foto en gekook deur Suretha Nel
Ben Rautenbach
Ingelegde Appels:
Stroop:
Dun stroop word met 3 dele water en 1 deel suiker gekook.
Dit is geskik vir inmaak van baie soet vrugte. Skil en ontkern appels. Week die appels in soutwater, 10 ml sout per 1 liter water. Kook die appels 10 min lank in stroop. Skep die appel warm in gesteriliseerde flesse,vul met die stroop en verseël dadelik.
BRON: BOTTEL EN BERE DEUR OLGA WALL. Net ‘n wenk kook skille, kern en pitte, gooi deur moeselien of kaasdoek. Bêre in gesteriliseerde flesse vir pektien doeleindes veral Granny Smith appels.







Ben Rautenbach
Net ook n wenk Granny Smith appels werk beste vir tertappels,praat uit ondervinding.