HEEL PERSKE KONFYT MET PITTE IN
Kies taaipitperskes wat net ryp is.
Skil hulle dun af en prik goed met n stopnaald.
Laat dit 2 tot 4 uur in sout oplossing week (15 ml sout vir elke 3,4 liter water).
Spoel die vrugte goed af en weeg dit.
Smeer die boom van n konfytkastrol met botter of olie en pak die vrugte en die suiker in afwisselende lae daarin.
(Gebruik 2,5 kg suiker vir 3 kg vrugte en voeg die sap van 1 suurlemoen by vir dieselfde gewig vrugte.)
Voeg 250 tot 500 ml water by vir elke 3 kg vrugte.
Verhit dit stadig tot die suiker opgelos is en kook dan vinnig tot die vrugte deurskynend en helder is.
Na die eerste uur kan dit stadiger gekook word.
Skep dit in warm, gesteriliseerde bottels en verseël dit dadelik.
Foto: Percy Hall