

VINNIGE PAPBALLE VAN OORSKIET PAP
Gisteraand pap en bees stew geëet en daar het baie pap oorgebly. Nou moes ek vinnig dink wat om met dit te maak saam gebraaide hoender dye.
Rol oorskiet pap in balle en pak in ‘n gesmeerde oondbak.
Gooi 125 ml room oor pap balle.
Strooi gerasperde kaas mildelik oor.
Bak in oond op 160 ºC op grill tot kaas bruin is. Dit was nou heerlik.
Resep en foto: Meisie van der Colff
Category Archives: Bykosse / Side Dishes
IDEES MET CHAKALAKA


IDEES MET CHAKALAKA
Marilize Hauptfleisch Fourie:
Ek voeg by pakkie savoury muffin mix en ‘n koppie kaas. Heerlike spicy klam muffins.
Leon Mongie:
My vrou ook vandag vir ons gemaak soos jou resep, toe gooi ek so ‘n handvol biltong poeier by vir ekstra sout smaak, baie lekker uitgekom. Sy het die spicy een sommer gebruik. Gaan die “sterk” een ook probeer.
Marlene Fourie:
Kan ook in kerrie gebruik word of pasta met mince.
Lizelle Oosthuizen:
Oom Buks mense se smaak verskil mos maar, maar ek self geniet ‘n bietjie chakalaka saam met pap en braaivleis. Ek sien deesdae gebruik mense dit vir pizza ook. Eintlik ‘n blikkie kos wat baie disse ‘n ander nuwe smaak kan gee. Continue reading
AARTAPPEL EN PAMPOENGEREG


AARTAPPEL EN PAMPOENGEREG
8 aartappels
2 uie gekerf
500 g pampoen van keuse in blokkies
2 pakkies potato bake van keuse
500 ml volroom melk
Groot stuk gouda kaas
Kook aartappels gaar. Sny uie en pampoen in kleinerige stukkies en braai dit saam tot uie gaar is.
Maak potato bake aan met die 500 ml melk. Continue reading
NOOD AARTAPPEL GEBAK

NOOD AARTAPPEL GEBAK
5 aartapels, in skyfies gesny
700 ml room
knoffel na smaak
1 koppie gerasperde kaas
1 ui, opgesny
1 pakkie sampioene, in skywe gesny
Blansjeer die aartapels skywe tot nog stewig.
Neem ‘n oondbak en pak die aartappels saam met sampioene, uie en kaas in lae.
Meng knoffel, room, sout en pepper na smaak en gooi oor die aartappel lae.
Bak by 180 °C vir so 1 uur of tot aartappels sag is.
Foto: Janie Janse van Rensburg
SATERDAGAAND AARTAPPELGEREG

SATERDAGAAND AARTAPPELGEREG
Die hoeveelheid van die bestanddele kan aangepas word volgens die hoeveelheid porsies benodig.
aartappels, 1 of 2 per persoon
blokkies spek
ui, opgesny
sampioene, opgesny
250 ml room
2 pakkies “Potato bake”, soort volgens keuse
½ koppie melk
gerasperde Cheddar- en Mozarellakaas vir bo-oor
Kook genoeg die aartappels tot gaar.
Sny die gaar aartappels in skywe en plaas eenkant.
Braai die spek, ui en sampioene in ‘n pan met bietjie olie.
Meng die room en “Potato bake” in ‘n beker, voeg die melk by en roer deur.
Plaas die aartappels en die spekmengsel om die beurt in lae in ‘n oondbak en giet die roomsous oor die artappels.
Sprinkel die kaas bo-oor en bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC, tot die kaas gesmelt, die gereg deurwarm is en die sous dik is.
Resep en foto: Alma Hiepner
MURGPAMPOENTJIE SOUTTERT


MURGPAMPOENTJIE SOUTTERT
6 eiers
500 g gerasperde murgpampoentjie
250 g geskilde gerasperde patat
een bossie spriet uie, in ringe gesny
200 g gerasperde cheddar kaas
40 g gerapserde parmesaan kaas
100 ml sonneblom olie
5 ml gemengde kruie
sout en peper
250 g kersietamaties, gehalveer Continue reading
GIDEON SE KAAS EN SPEK AARTAPPELS


GIDEON SE KAAS EN SPEK AARTAPPELS
Ek het vir ons hierrie gebraaide aartappels gemaak vir ‘n bygereg saam met en braaivleis dit was heeerlik
Vir elke halwe aartappel het jy ‘n repie spek en ‘n strokie chedder kaas nodig.
Kook die aartappels vooraf tot byna gaar omtrent ‘n halfuur lank op stadige hitte.
Sny die aartappels in die helfte en halveer dit nog ‘n keer.
Maak ‘n holte in beide kante en smeer ‘n bietjie mosterd in die holtes en sit ‘n stukkie kaas in die holte.
Plaas dan die twee stukke opmekaar met die kaas in die middel en draai toe met ‘n repiespek.
Braai dit dan op skerperige kole tot die spek lekker crisp is en die kaas gesmelt is.
Dit is sommer ghooofies.
Ons het dit geniet saam met ‘n lamstjoppie en ‘n stukkie wors en ook vroulief se koolslaai.
Resep en fotos: Gideon Louw
DRIE KAAS BRAAI PIE


DRIE KAAS BRAAI PIE
2 rolle skilferkors rolle (puff pastry)
1 houer roomkaas van jou keuse (myne was soet rissie)
1 koppie Mozzarella
1 koppie Cheddar/Gouda
1 – 2 wiele Feta
1 pakkie vars roket blare
vars peper
½ koppie soet rissie sous Continue reading
MEISIE SE SPEK-BRAAIBROODJIES


MEISIE SE SPEK-BRAAIBROODJIES
brood
botter
blokkies spek
gerasperde kaas
tamatie, in skyfies gesny
blatjang
sout en peper
Smeer brood aan buitekant met botter. Braai spek en meng blatjang daarin. Op die een helfte van die brood; eers gerasperde kaas, daarna tamatie en gooi sout en peper oor, laastens die spek. Maak broodjie toe en rooster oor die kole tot goudbruin aan beide kante en kaas gesmelt is.
Resep en foto: Meisie van der Colff
CORN FRITTERS WITHOUT EGG


CORN FRITTERS WITHOUT EGG
1 can of creamed corn
1 cup plain flour
1 ¾ teaspoons baking powder
2 tablespoons water/milk
salt
pepper
whatever else you want to add (ham, bacon, grated veges, etc)
Fry in your choice of oil.
Continue reading

