
SATERDAGAAND AARTAPPELGEREG
Die hoeveelheid van die bestanddele kan aangepas word volgens die hoeveelheid porsies benodig.
aartappels, 1 of 2 per persoon
blokkies spek
ui, opgesny
sampioene, opgesny
250 ml room
2 pakkies “Potato bake”, soort volgens keuse
½ koppie melk
gerasperde Cheddar- en Mozarellakaas vir bo-oor
Kook genoeg die aartappels tot gaar.
Sny die gaar aartappels in skywe en plaas eenkant.
Braai die spek, ui en sampioene in ‘n pan met bietjie olie.
Meng die room en “Potato bake” in ‘n beker, voeg die melk by en roer deur.
Plaas die aartappels en die spekmengsel om die beurt in lae in ‘n oondbak en giet die roomsous oor die artappels.
Sprinkel die kaas bo-oor en bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC, tot die kaas gesmelt, die gereg deurwarm is en die sous dik is.
Resep en foto: Alma Hiepner






