

GRONDBOONTJIEBOTTER KOPPIE KOEK
Wanneer jy die tyd van die aand lus raak vir iets lekkers, maar jou man dieet, en hier is nie enige lekkernye in die huis nie, dan maak jy plan:
2 eetlepels grondboontjiebotter
1/8 teelepel bakpoeier
1 eetlepel suiker
1 groot eier
Meng alles goed saam.
Mikrogolf vir een minuut.
Laat so rukkie staan om af te koel.
Nota: ja dis reg daar kom geen meel in nie.
Resep en foto: Charlotte van Rensburg






