

TUNA SOUTTERTJIES
Ek is gek oor die een. Ek meng soms agurtjies/ peppers en gekapte uie ook by.
1 koppies rys noedels
2 blikkies tuna in water
2 koppie melk
1 pakkie uie sop
1 koppie kaas
½ koppie mayonnaise
5-6 eiers
Kook noedels sag.
Meng tuna, sop poeier, kaas en mayonnaise.
Meng met gaar noedels.
Klits eiers en melk, en meng alles saam. Skep in pan/muffin panne en strooi kaas bo-oor.
Bak 30 min teen 180 ºC.
Resep: Charlotte van Rensburg






