

IDEES MET CHAKALAKA
Foto: Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
Marilize Hauptfleisch Fourie:
Ek voeg by pakkie savoury muffin mix en ‘n koppie kaas. Heerlike spicy klam muffins.
Leon Mongie:
My vrou ook vandag vir ons gemaak soos jou resep, toe gooi ek so ‘n handvol biltong poeier by vir ekstra sout smaak, baie lekker uitgekom. Sy het die spicy een sommer gebruik. Gaan die “sterk” een ook probeer.
Marlene Fourie:
Kan ook in kerrie gebruik word of pasta met mince.
Lizelle Oosthuizen:
Oom Buks mense se smaak verskil mos maar, maar ek self geniet ‘n bietjie chakalaka saam met pap en braaivleis. Ek sien deesdae gebruik mense dit vir pizza ook. Eintlik ‘n blikkie kos wat baie disse ‘n ander nuwe smaak kan gee.
Anneli Kriel:
Ek gooi chakalaka in my groentesop, my mense is mal daaroor.
Louise Groenewald:
Baie lekker. Ek meng dit by my maalvleis saam met pasta. Baie lekker en gerieflik.
Hendrik Meyer – Bykos vir braaivleis
Blik elk:
baked beans
heelpit mielies
blik chakalaka
1 eetlepel gedroogte pietersielie
3 eetlepels mayonnaise
Dreineer mielies.
Meng alles saam en verkoel.
Heerlik saam braaivleis.
Rita Killian:
Maak dit by sous. As dit sterk is sit mielies nog uie en tamaties by met mieliemeelpap en wors.
Sumi Muller:
Ek maak chakalaka hoender en slaai. Spice jou hoender, gooi in ‘n pot met blikkie chakalaka en kook tot hoender sag is. Lekker saam met pap of rys.
Vir die slaai vat ek ‘n blikkie met eetlepel mayonnaise en blokkies cheddar.
Lekker saam met Braaivleis
Marilyn Jacobs Hess:
Maak gesnyde uie bruin, gooi bietjie kerrie poeier en suiker by. Gooi nou chakalaka by. Kook vir so ‘n rukkie tot kerrie deur gekook is. Meng by gekookte noedels. Gooi mayonnaise by. Laat afkoel. Heerlike bykos!
Dossie Dednam:
Maak mieliepap balle (kan geblikte heel mieliepitte bygooi), gooi chakalaka (+ tamatie smoor) oor, rasper kaas bo-oor en bak in die oond.
Le Anne Le Roux:
Chakalaka pasta met boerewors
Maak spaghetti gaar en n ring wors (sny in wieletjies), braai bietjie knoffel in pan en gooi 1 blik tamatie en uiesmoor in en 1 blik chakalaka, koppie cheddar kaas en halwe blok room kaas! Meng alles saam! Dis flippen lekker!!!
Alida Fourie:
Van die min blikkieskos wat ek gebruik. Lekkerste lekker. Braai knoffel en uie in bietjie kookolie en botter, roerbraai dan maalvleis saam, voeg 1 blikkie Chakalaka by, prut n rukkie. Geen verdere fieterjasies nodig. Bedien met rys, stampmielies of mielierys. Lekker eet.
Kan ook werk in tamatiesmoor vir smul lekker pap en vleis.
Johanna Coetzee:
Lekker dis op sy eie saam 2 minute noodles ook. Of blik tuna, mayonnaise en so 2 eetlepels mild chakalaka as vulsel in pannekoek met titsel suurlemoen sap op vulsel voor jy pannekoek oprol.
Marina Hamilton-Walker:
Pampoen in stukke, blikkie chakalaka, blikkie chickpeas, blikkie klapper room. Meng en bak so uur tot gaar by 180°C.
Miemsie De Klerk:
Gooi in ‘n oondskottel saam met wors en bak in die oond, braai vis en bedien chakalaka saam met vis en vars gebakte brood, maak jou eie broodrolletjie met chakalaka vulsel binne die rolletjie gebak. Vul aartappels met Chakalaka.
Marlyn Ingram Ferreira:
Blikkie saam met 500 g bruismeel. meng en bak dan ‘n broodjie daarvan.
Mel Fourie:
BROODJIE (of in muffinpannetjie) – BAIE LEKKER
4 eiers
410 g Mild & Spicy CHAKALAKA
500 g self raising flour
Oond op 180 ºC.
Smeer broodpannetjie of muffinpan.
Klits eiers, gooi chakalaka in en meng dan meel en kaas in.
Gooi in pan en bak vir 35 minute of sit in muffinpannetjie (vir savoury muffins) en bak vir 20 minute.
Ek gooi altyd so bietjie paprika of cayenne pepper bo-oor voor ek bak.
Caroline du Plessis:
Neem hoender stukke 1.5 kg. Maak skoon. Sit in oondpan, gooi jou speserye oor soos hoender, en pepper na smaak.
2 blikke chakalaka
125 ml mayonnaise
125 ml melk
15 ml bruin suiker
Meng alles saam. Gooi oor. Bak op 200°C in ‘n bedekte oondbak tot gaar.
Laurie Poolman:
Eet met slap chips, polonie en brood of sommer pap en vleis as ‘n sous of in kerrie disse of in skaap afval of in sop of sommer net skoon.
Santi Van Der Merwe:
Ek pak hoenderstukkies in bak en gooi die hele blikkie oor die hoenderstukkie. Maak toe met foelie en bak in die oond. Mens kry “mild” en “sterk” Chakalaka. Ons hou van die “mild” een.
Saadiqah Davids:
Maak brooddeeg, druk plat in oondpan en smeer chakalaka op, strooi baie kaas oor. Bak in oond. As dit klaar gebak is, smeer lekker crushed garlic gemeng met olive oil en mixed herbs oor. Heerlik met braaivleis.






