

GIDEON SE KAAS EN SPEK AARTAPPELS
Ek het vir ons hierrie gebraaide aartappels gemaak vir ‘n bygereg saam met en braaivleis dit was heeerlik
Vir elke halwe aartappel het jy ‘n repie spek en ‘n strokie chedder kaas nodig.
Kook die aartappels vooraf tot byna gaar omtrent ‘n halfuur lank op stadige hitte.
Sny die aartappels in die helfte en halveer dit nog ‘n keer.
Maak ‘n holte in beide kante en smeer ‘n bietjie mosterd in die holtes en sit ‘n stukkie kaas in die holte.
Plaas dan die twee stukke opmekaar met die kaas in die middel en draai toe met ‘n repiespek.
Braai dit dan op skerperige kole tot die spek lekker crisp is en die kaas gesmelt is.
Dit is sommer ghooofies.
Ons het dit geniet saam met ‘n lamstjoppie en ‘n stukkie wors en ook vroulief se koolslaai.
Resep en fotos: Gideon Louw
One thought on “GIDEON SE KAAS EN SPEK AARTAPPELS”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Geskuif as “Gebraaide kaas en spek aartappels”