VINNIGE PAPBALLE VAN OORSKIET PAP


VINNIGE PAPBALLE VAN OORSKIET PAP
Gisteraand pap en bees stew geëet en daar het baie pap oorgebly. Nou moes ek vinnig dink wat om met dit te maak saam gebraaide hoender dye.
Rol oorskiet pap in balle en pak in ‘n gesmeerde oondbak.
Gooi 125 ml room oor pap balle.
Strooi gerasperde kaas mildelik oor.
Bak in oond op 160 ºC op grill tot kaas bruin is. Dit was nou heerlik.
Resep en foto: Meisie van der Colff




IDEES MET CHAKALAKA


IDEES MET CHAKALAKA
Foto:  Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
Marilize Hauptfleisch Fourie:
Ek voeg by pakkie savoury muffin mix en ‘n koppie kaas. Heerlike spicy klam muffins.
Leon Mongie:
My vrou ook vandag vir ons gemaak soos jou resep, toe gooi ek so ‘n handvol biltong poeier by vir ekstra sout smaak, baie lekker uitgekom. Sy het die spicy een sommer gebruik. Gaan die “sterk” een ook probeer.
Marlene Fourie:
Kan ook in kerrie gebruik word of pasta met mince.
Lizelle Oosthuizen:
Oom Buks mense se smaak verskil mos maar, maar ek self geniet ‘n bietjie chakalaka saam met pap en braaivleis. Ek sien deesdae gebruik mense dit vir pizza ook. Eintlik ‘n blikkie kos wat baie disse ‘n ander nuwe smaak kan gee.

Anneli Kriel:
Ek gooi chakalaka in my groentesop, my mense is mal daaroor.
Louise Groenewald:
Baie lekker. Ek meng dit by my maalvleis saam met pasta. Baie lekker en gerieflik.
Hendrik Meyer – Bykos vir braaivleis
Blik elk:
baked beans
heelpit mielies
blik chakalaka
1 eetlepel gedroogte pietersielie
3 eetlepels mayonnaise
Dreineer mielies.
Meng alles saam en verkoel.
Heerlik saam braaivleis.

Rita Killian:
Maak dit by sous. As dit sterk is sit mielies nog uie en tamaties by met mieliemeelpap en wors.
Sumi Muller:
Ek maak chakalaka hoender en slaai. Spice jou hoender, gooi in ‘n pot met blikkie chakalaka en kook tot hoender sag is. Lekker saam met pap of rys.
Vir die slaai vat ek ‘n blikkie met eetlepel mayonnaise en blokkies cheddar.
Lekker saam met Braaivleis
Marilyn Jacobs Hess:
Maak gesnyde uie bruin, gooi bietjie kerrie poeier en suiker by. Gooi nou chakalaka by. Kook vir so ‘n rukkie tot kerrie deur gekook is. Meng by gekookte noedels. Gooi mayonnaise by. Laat afkoel. Heerlike bykos!
Dossie Dednam:
Maak mieliepap balle (kan geblikte heel mieliepitte bygooi), gooi chakalaka (+ tamatie smoor) oor, rasper kaas bo-oor en bak in die oond.
Le Anne Le Roux:
Chakalaka pasta met boerewors
Maak spaghetti gaar en n ring wors (sny in wieletjies), braai bietjie knoffel in pan en gooi 1 blik tamatie en uiesmoor in en 1 blik chakalaka, koppie cheddar kaas en halwe blok room kaas! Meng alles saam! Dis flippen lekker!!!

Alida Fourie:
Van die min blikkieskos wat ek gebruik. Lekkerste lekker. Braai knoffel en uie in bietjie kookolie en botter, roerbraai dan maalvleis saam, voeg 1 blikkie Chakalaka by, prut n rukkie. Geen verdere fieterjasies nodig. Bedien met rys, stampmielies of mielierys. Lekker eet.
Kan ook werk in tamatiesmoor vir smul lekker pap en vleis.
Johanna Coetzee:
Lekker dis op sy eie saam 2 minute noodles ook. Of blik tuna, mayonnaise en so 2 eetlepels mild chakalaka as vulsel in pannekoek met titsel suurlemoen sap op vulsel voor jy pannekoek oprol.
Marina Hamilton-Walker:
Pampoen in stukke, blikkie chakalaka, blikkie chickpeas, blikkie klapper room. Meng en bak so uur tot gaar by 180°C.
Miemsie De Klerk:
Gooi in ‘n oondskottel saam met wors en bak in die oond, braai vis en bedien chakalaka saam met vis en vars gebakte brood, maak jou eie broodrolletjie met chakalaka vulsel binne die rolletjie gebak. Vul aartappels met Chakalaka.
Marlyn Ingram Ferreira:
Blikkie saam met 500 g bruismeel. meng en bak dan ‘n broodjie daarvan.

Mel Fourie:
BROODJIE (of in muffinpannetjie) – BAIE LEKKER
4 eiers
410 g Mild & Spicy CHAKALAKA
500 g self raising flour
Oond op 180 ºC.
Smeer broodpannetjie of muffinpan.
Klits eiers, gooi chakalaka in en meng dan meel en kaas in.
Gooi in pan en bak vir 35 minute of sit in muffinpannetjie (vir savoury muffins) en bak vir 20 minute.
Ek gooi altyd so bietjie paprika of cayenne pepper bo-oor voor ek bak.

Caroline du Plessis:
Neem hoender stukke 1.5 kg. Maak skoon. Sit in oondpan, gooi jou speserye oor soos hoender, en pepper na smaak.
2 blikke chakalaka
125 ml mayonnaise
125 ml melk
15 ml bruin suiker
Meng alles saam. Gooi oor. Bak op 200°C in ‘n bedekte oondbak tot gaar.

Laurie Poolman:
Eet met slap chips, polonie en brood of sommer pap en vleis as ‘n sous of in kerrie disse of in skaap afval of in sop of sommer net skoon.
Santi Van Der Merwe:
Ek pak hoenderstukkies in bak en gooi die hele blikkie oor die hoenderstukkie. Maak toe met foelie en bak in die oond. Mens kry “mild” en “sterk” Chakalaka. Ons hou van die “mild” een.
Saadiqah Davids:
Maak brooddeeg, druk plat in oondpan en smeer chakalaka op,  strooi baie kaas oor. Bak in oond. As dit klaar gebak is, smeer lekker crushed garlic gemeng met olive oil en mixed herbs oor. Heerlik met braaivleis.




AARTAPPEL EN PAMPOENGEREG


AARTAPPEL EN PAMPOENGEREG
8 aartappels
2 uie gekerf
500 g pampoen van keuse in blokkies
2 pakkies potato bake van keuse
500 ml volroom melk
Groot stuk gouda kaas

Kook aartappels gaar. Sny uie en pampoen in kleinerige stukkies en braai dit saam tot uie gaar is.
Maak potato bake aan met die 500 ml melk.
Sny gaar aartappels soos keuse op en pak in ‘n oond bak. Gooi sout en pepper oor. Skep pampoen en uie bo op aartappels tot alles bedek is.
Giet melkmengsel oor alles, en rasper genoeg kaas oor.
Sit in die oond vir 30 min. by 180 ºC tot duer warm en gaar.
Bedien saam braai
Resep en foto: Kotie Olivier




NOOD AARTAPPEL GEBAK


NOOD AARTAPPEL GEBAK
5 aartapels, in skyfies gesny
700 ml room
knoffel na smaak
1 koppie gerasperde kaas
1 ui, opgesny
1 pakkie sampioene, in skywe gesny

Blansjeer die aartapels skywe tot nog stewig.
Neem ‘n oondbak en pak die aartappels saam met sampioene, uie en kaas in lae.
Meng knoffel, room, sout en pepper na smaak en gooi oor die aartappel lae.
Bak by 180 °C vir so 1 uur of tot aartappels sag is.
Foto: Janie Janse van Rensburg




SATERDAGAAND AARTAPPELGEREG


SATERDAGAAND AARTAPPELGEREG
Die hoeveelheid van die bestanddele kan aangepas word volgens die hoeveelheid porsies benodig.
aartappels, 1 of 2 per persoon
blokkies spek
ui, opgesny
sampioene, opgesny
250 ml room
2 pakkies “Potato bake”, soort volgens keuse
½ koppie melk
gerasperde Cheddar- en Mozarellakaas vir bo-oor
Kook genoeg die aartappels tot gaar.
Sny die gaar aartappels in skywe en plaas eenkant.
Braai die spek, ui en sampioene in ‘n pan met bietjie olie.
Meng die room en “Potato bake” in ‘n beker, voeg die melk by en roer deur.
Plaas die aartappels en die spekmengsel om die beurt in lae in ‘n oondbak en giet die roomsous oor die artappels.
Sprinkel die kaas bo-oor en bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC, tot die kaas gesmelt, die gereg deurwarm is en die sous dik is.
Resep en foto: Alma Hiepner




MURGPAMPOENTJIE SOUTTERT


MURGPAMPOENTJIE SOUTTERT
6 eiers
500 g gerasperde murgpampoentjie
250 g geskilde gerasperde patat
een bossie spriet uie, in ringe gesny
200 g gerasperde cheddar kaas
40 g gerapserde parmesaan kaas
100 ml sonneblom olie
5 ml gemengde kruie
sout en peper
250 g kersietamaties, gehalveer

Meng die eiers, murgpampoentjie, patat en sprietui in ‘n mengbak.
Voeg die 2 kase, olie, kruie, sout en peper na smaak by en meng goed deur.
Giet die mengsel in ‘n gesmeerde tertbak en rangskik die tamaties bo-op sodat elke blokkie ‘n stukkie tamatie het.
Bak die tert in ‘n voorafverhitte oonf teen 180ºC vir 40 minute.
Laat die tert afkoel, sny in blokkies en geniet.
Myne gisteraand as bykos met braaivleis bedien.
Foto: Ivanda Venter




GIDEON SE KAAS EN SPEK AARTAPPELS


GIDEON SE KAAS EN SPEK AARTAPPELS
Ek het vir ons hierrie gebraaide aartappels gemaak vir ‘n bygereg saam met en braaivleis dit was heeerlik
Vir elke halwe aartappel het jy ‘n repie spek en ‘n strokie chedder kaas nodig.
Kook die aartappels vooraf tot byna gaar omtrent ‘n halfuur lank op stadige hitte.
Sny die aartappels in die helfte en halveer dit nog ‘n keer.
Maak ‘n holte in beide kante en smeer ‘n bietjie mosterd in die holtes en sit ‘n stukkie kaas in die holte.
Plaas dan die twee stukke opmekaar met die kaas in die middel en draai toe met ‘n repiespek.
Braai dit dan op skerperige kole tot die spek lekker crisp is en die kaas gesmelt is.
Dit is sommer ghooofies.
Ons het dit geniet saam met ‘n lamstjoppie en ‘n stukkie wors en ook vroulief se koolslaai.
Resep en fotos:  Gideon Louw




DRIE KAAS BRAAI PIE


DRIE KAAS BRAAI PIE
2 rolle skilferkors rolle (puff pastry)
1 houer roomkaas van jou keuse (myne was soet rissie)
1 koppie Mozzarella
1 koppie Cheddar/Gouda
1 – 2 wiele Feta
1 pakkie vars roket blare
vars peper
½ koppie soet rissie sous

Rol 1 skilferkors deeg liggies uit, nie te dun anders hou dit nie die vulsel binne nie.
Smeer eerste jou roomkaas en sit alles bo-op en dan nog 1 rol lig uitgerolde skilferkors deeg bo oor.
Druk rante vas met vurk.
Plaas op rooster. Kole nie te warm.
Smeer met gesmelte botter.
Bak tot mooi bruin aan albei kante en deeg gaar is.
Resep en foto: Angela Verreynne




MEISIE SE SPEK-BRAAIBROODJIES


MEISIE SE SPEK-BRAAIBROODJIES
brood
botter
blokkies spek
gerasperde kaas
tamatie, in skyfies gesny
blatjang
sout en peper

Smeer brood aan buitekant met botter. Braai spek en meng blatjang daarin. Op die een helfte van die brood; eers gerasperde kaas, daarna tamatie en gooi sout en peper oor, laastens die spek. Maak broodjie toe en rooster oor die kole tot goudbruin aan beide kante en kaas gesmelt is.
Resep en foto: Meisie van der Colff




CORN FRITTERS WITHOUT EGG


CORN FRITTERS WITHOUT EGG
1 can of creamed corn
1 cup plain flour
1 ¾ teaspoons baking powder
2 tablespoons water/milk
salt
pepper
whatever else you want to add (ham, bacon, grated veges, etc)
Fry in your choice of oil.

Put your mixture in a fridge to get cold. Warm oil. Test by dropping little batter in oil, it should sizzle immediately. Oil should also not be too hot, fritters will turn brown and still be raw inside. Oil too cold and it will suck up oil. I warm my oil on high then turn to medium heat. Spoonfulls in oil, fry in batches and don’t overcrowd the pan. Wait before the first turn to make sure they set, if you try to turn them too quickly they will break.. Once golden brown on one side then only, turn and fry the other side. Remove from oil and place on paper towel to drain. At this stage I sprinkle cayenne pepper or Aromat over while sizzling hot.
Serve warm.
Also nice to pack cold in lunch boxes for school kiddies or a snack on the road.
Careful not to burn with splashing oil, corn tends to pop.
Recipe:  Elize de Kock
Photo:  Zelda Ellis – I left out the water/milk and added a little extra flour, Chopped onion and green pepper. Was delicious thank you