

DRIE KAAS BRAAI PIE
2 rolle skilferkors rolle (puff pastry)
1 houer roomkaas van jou keuse (myne was soet rissie)
1 koppie Mozzarella
1 koppie Cheddar/Gouda
1 – 2 wiele Feta
1 pakkie vars roket blare
vars peper
½ koppie soet rissie sous
Rol 1 skilferkors deeg liggies uit, nie te dun anders hou dit nie die vulsel binne nie.
Smeer eerste jou roomkaas en sit alles bo-op en dan nog 1 rol lig uitgerolde skilferkors deeg bo oor.
Druk rante vas met vurk.
Plaas op rooster. Kole nie te warm.
Smeer met gesmelte botter.
Bak tot mooi bruin aan albei kante en deeg gaar is.
Resep en foto: Angela Verreynne







geskuif