

FRANCIS SE SPINASIE TERT
400 g rou spinasie (dit kan meer of minder ook wees)
1 pakkie snippers spek (of ek vat gewone spek, vries dit en snipper dit dan self met my broodsnyer of skerp mes) Dit werk goedkoper en het minder groot stukke en vet in. Dit kan ook met ‘n skerp kombuis skerp gesnipper word.
65 g margarien
2 groot uie, gesnipper
1 blik gekapte sampioene of een pak vars sampioene, in skywe gesny
1 ring lekker fetakaas
sout en swartpeper na smaak (Ek gebruik sommer baie swartpeper)
6 eiers
1 koppie melk of room
350 g cheddar kaas gerasper
Voorverhit oond tot 180ºC.
Ontstingel en kap spinasie. (Die spinasie moet ongeveer 400 g weeg nadat dit ontstingel is. ± 2 bossie gewone spinasie) Ek het al meer of minder gebruik en gevind dit maak nie juis saak nie.
Spoel spinasie goed af en kook dit net so met die vog van die spoelproses en sonder water hitte met deksel.
Haal deksel af en kook ‘n verdere 10 min op laer hitte. (maak net seker dat dit nie aanbrand nie. Dit is net om die vog te absorbeer.
Braai spek in margarien en skep uit.
Braai uie in vet van die spek.
Ontwater die sampioene.
Breek fetakaas in klein stukkies.
Meng alles saam.
Klits eiers en melk of room saam en meng by die ander mengsel in. Gooi in ‘n groot vierkantige vuurvaste bak en bak vir 30 min in voorverhitte oond.
Resep kan in twee gedeel word. Een bak om dadelik te eet en een om vir ‘n vriendin te gee of na die omgeegroep te neem.
Maak dit net weer warm voor geëet word.
Resep en foto: Francis Schoeman






